Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w15 9/1 bl. 16
  • Antwoorde op Bybelvrae

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Koninkryk regeer nou!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • The Bible—Accurate History, Reliable Prophecy
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • Leer uit Bybelprofesieë
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Die Bybel—’n Boek van akkurate profesie, Deel 7
    Ontwaak!—2012
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
w15 9/1 bl. 16

ANTWOORDE OP BYBELVRAE

Waarom bevat die Bybel profesieë?

Jesus praat met ’n paar van sy apostels op die Olyfberg

Waarom beskryf die bybel die gebeure van ons tyd?—Lukas 21:10, 11.

Die Bybel bevat talle gedetailleerde profesieë. Geen mens kan die toekoms akkuraat voorspel nie. Daarom voorsien die vervulling van Bybelprofesieë oortuigende bewyse dat die Bybel God se Woord is.—Lees Josua 23:14; 2 Petrus 1:20, 21.

Bybelprofesieë wat alreeds vervul is, gee ons ’n stewige grondslag vir geloof in God (Hebreërs 11:1). Dit verseker ons ook dat God se beloftes van ’n beter toekoms bewaarheid sal word. Bybelprofesieë gee ons dus ’n betroubare hoop.—Lees Psalm 37:29; Romeine 15:4.

Hoe help Bybelprofesieë ons?

Sommige profesieë waarsku God se knegte dat hulle moet optree. Byvoorbeeld, toe eerste-eeuse Christene die vervulling van sekere profesieë gesien het, het hulle Jerusalem verlaat. Later, toe die stad vernietig is omdat die meeste mense Jesus verwerp het, was die Christene ver daarvandaan op ’n veilige plek.—Lees Lukas 21:20-22.

In ons dag toon vervulde profesieë dat God se Koninkryk binnekort ’n einde aan mensekoninkryke en -regerings sal maak (Daniël 2:44; Lukas 21:31). Dit is dus dringend dat elkeen nou optree om die goedkeuring te verkry van God se aangestelde Koning, Jesus Christus.—Lees Lukas 21:34-36.

Vir meer inligting, sien hoofstuk 2 van hierdie boek, Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies

Ook beskikbaar by www.pr2711.com/af

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel