Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w15 11/1 bl. 16
  • Antwoorde op Bybelvrae

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Soortgelyke materiaal
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Daar sal ’n opstanding wees!
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Wat is die opstanding?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
w15 11/1 bl. 16

ANTWOORDE OP BYBELVRAE

Sal die dooies weer lewe?

Mense verwelkom diegene wat opgewek is, in die Paradys

Die skepper van lewe kan die dooies beslis weer lewend maak

Jehovah God is die Bron van lewe (Psalm 36:9). Maak dit dan nie sin dat dieselfde God diegene wat gesterf het, weer kan laat lewe nie? Die Bybel verseker ons dat hy in die toekoms juis dit sal doen. (Lees Handelinge 24:15.) Maar waarom sal hy dit doen?

Ons Skepper wou oorspronklik gehad het dat die mens vir ewig op die aarde moet lewe (Genesis 1:31; 2:15-17). Dit is nog steeds wat hy vir die mensdom wil hê. Dit maak hom baie hartseer om te sien waarmee ons nou te kampe het—’n lewe vol probleme wat hopeloos te gou tot ’n einde kom.—Lees Job 14:1, 14, 15.

Waar sal die mense woon wat opgewek word?

Het God die mens geskep om in die hemel te woon? Nee. God het engele geskep om in die hemel te woon. Hy het mense geskep om op die aarde te woon (Genesis 1:28; Job 38:4, 7). Dink aan die mense wat Jesus opgewek het. Hy het hulle weer hier op die aarde laat lewe. Net so sal die meeste mense wat in die toekoms opgewek word, weer op die aarde woon.—Lees Johannes 5:28, 29; 11:44.

Maar God het ’n klein aantal mense gekies wat opgewek sal word om in die hemel te lewe, waar hulle geesliggame sal hê (Lukas 12:32; 1 Korintiërs 15:49, 50). Diegene wat ’n hemelse opstanding sal ontvang, sal saam met Christus as konings oor die aarde heers.—Lees Openbaring 5:9, 10.

Vir meer inligting, sien hoofstuk 7 van hierdie boek, Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies

Ook beskikbaar by www.pr2711.com/af

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel