Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/85 bl. 1
  • Doen herbesoeke op belangstellendes

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Doen herbesoeke op belangstellendes
  • Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • HOE WORD DIT GEDOEN?
  • BESKIKBARE HULP
  • Herbesoeke lei tot Bybelstudies
    Ons Koninkryksbediening—2003
  • Skraap die vrymoedigheid bymekaar om herbesoeke te doen
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Deur herbesoeke te doen
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Die uitdaging om herbesoeke te doen
    Ons Koninkryksbediening—1992
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1985
km 3/85 bl. 1

Doen herbesoeke op belangstellendes

1 Toe Jesus vir sy getroue volgelinge finale instruksies gegee het, het hy gesê: “Gaan .. . maak dissipels . .. leer hulle” (Matt. 28:19). Met hierdie woorde het Jesus sy dissipels dit op die hart gedruk dat hulle ’n onderrigtingswerk moes doen. Dit sou vereis dat hulle herbesoeke op persone doen om voort te bou op die belangstelling wat getoon is.

HOE WORD DIT GEDOEN?

2 Party broers vind dit moeilik om aan hierdie aspek van die predikingswerk deel te neem. Soms is dit omdat hulle onseker is oor die benadering wat hulle moet gebruik wanneer hulle teruggaan. En tog is dit nie so moeilik nie. Dit is gewoonlik die beste om onmiddellik na jou eerste besoek te beplan wat jy tydens ’n herbesoek gaan sê. Skryf gedagtes neer waarin die huisbewoner belanggestel het. Dit sal vir jou ’n gemeenskaplike grondslag gee waarop jy kan bou. Besoek die persoon binne ’n paar dae weer, indien moontlik. As weke verstryk, neem die huisbewoner se belangstelling dalk af en is dit moeiliker om dit weer aan te wakker. Hou jou aanbieding eenvoudig, duidelik en saaklik. Gebruik die Bybel om te staaf wat jy sê. Vermy twispunte. Vestig die aandag op die aanloklike aspekte van die Koninkryksboodskap.

3 Jou aanbieding moet nie eensydig wees nie. Sukses hang dikwels daarvan af of jy die huisbewoner by die gesprek betrek. Gebruik beskouingsvrae om uit te vind wat hy dink. Dit stel jou in staat om betekenisvol te onderrig.

BESKIKBARE HULP

4 Party van ons het natuurlik hulp nodig sodat ons ons onderrigvermoë tydens herbesoeke kan verbeter. Sulke hulp is gewoonlik beskikbaar. Ons ken byna almal iemand wat ervare is in die herbesoekwerk. Die diensopsiener sal graag gedagtes deel wat hy al met welslae gebruik het. Jou studiehouer kan dalk help. Vra hom of hy jou na ’n paar van jou herbesoeke kan vergesel. Of miskien het jy net hulp nodig om voor te berei wat jy gaan sê. Hierdie ervare verkondigers kan vir jou wys watter metodes hulle al met goeie gevolg gebruik het. Onthou, Jesus het tyd daaraan afgestaan om sy dissipels te leer. Hy het hulle onderrig voordat hulle gaan preek het (Matt. 10:5-15; Mark. 6:7-13; Luk. 9: 1-6). Jehovah se organisasie voorsien vandag instruksies soortgelyk aan die wat Jesus gegee het.

5 Die Ons bediening-boek bevat praktiese wenke. Kyk byvoorbeeld na die uitstekende riglyne op bladsye 88 en 89. Dit behoort ons te bemoedig as ons net die vier paragrawe onder die tussenhofie “Herbesoeke” lees.

6 Nog ’n goeie hulpmiddel is die boek “Make Sure of All Things”. Daar is 123 hoofonderwerpe met bykomende verwante onderwerpe waarna ons kan verwys. Twee metodes waarop ons die materiaal kan gebruik, word in paragraaf 1 en 2 op bladsy 8 uiteengesit. Wenke word gegee oor hoe die materiaal gebruik kan word as die besprekingstyd of beperk of lank is. Paragraaf 3 sê ook: “Die tussenhofies gee jou nie net ’n uitgewerkte skets nie, maar die groot verskeidenheid aangehaalde tekste sal dit vir jou moontlik maak om verskeidenheid en oorspronklikheid in jou aanbieding te hê.”

7 Daar is dus goeie rede om positief te wees wanneer ons belangstellendes wat ons in ons predikingswerk teëgekom het weer besoek, al het ons net beperkte ondervinding. Die hoofsaak is dat ons vir ander omgee. Daar is vandag lektuur en ervare verkondigers in Jehovah se organisasie beskikbaar wat ons kan oplei. As ons opregte persone vind wat “sug en steun” oor die slegte dinge wat hulle sien, behoort ons liefde ons te beweeg om terug te gaan en hulle te help. ​—Eseg. 9:4-6.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel