Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/85 bl. 1-3
  • Bou mekaar op

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bou mekaar op
  • Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • DEUR DEELNAME AAN DIE VELDDIENS
  • DEUR JOU VOORBEELD
  • NUWELINGE, ONGEREELDES EN ONBEDRYWIGES
  • April—’n Tyd om ‘hard te werk en ons in te span’
    Ons Koninkryksbediening—2001
  • Help ander om vooruitgang te maak in die bediening
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Velddiensvergaderinge wat hulle doel dien
    Ons Koninkryksbediening—2015
  • Wees gereeld in die velddiens
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1985
km 5/85 bl. 1-3

Bou mekaar op

1 Paulus sê vir ons: “Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag.” Hy spoor ons aan om te waak, nugter te wees en ons wapenrusting aan te hou. Waarom? “Want God het ons . . . bestem . . . om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus . . . Daarom, . . . bou die een die ander op, soos julle ook doen” (1 Thess. 5:5-11). Ons lewe in die tyd wanneer die huidige goddelose stelsel skielik vernietig gaan word. Ons het dus goeie rede om mekaar te bemoedig. Hoe kan ons dit doen?

DEUR DEELNAME AAN DIE VELDDIENS

2 Een manier is deur saam met verskillende broers en susters velddiens te doen. Ons moet mekaar beter leer ken. As ons saam velddiens doen, bied dit ’n uitstekende geleentheid om opbouende ondervindinge te deel. Ons kan mekaar ook help om hierdie bediening te vervul. Terwyl ons dus ons fundamentele verantwoordelikheid nakom om te preek en dissipels te maak, kan ons ook ons broers opbou (Mal. 3:16; Matt. 28:19). Reël gerus nou om saam met iemand te werk, miskien iemand saam met wie jy lank laas gewerk het.

3 Julie tot September sal verdere goeie geleenthede bied om ander te bemoedig. Beplan gerus as ’n gesin om ’n volle aandeel in die ontoegekendegebied-kampanje te hê. Is dit nie die moeite werd om nou geld vir brandstof te spaar, aangesien brandstofkoste hoog sal wees, ten einde na die opregte mense in ontoegekende gebied te soek nie? Ontoegekende gebied is deel van die wêreldveld waarin ‘hierdie evangelie van die koninkryk verkondig sal word tot ’n getuienis’ voordat die einde kom (Matt. 24:14). Beplan dus met ’n positiewe gesindheid om die gemeente se reëlings met betrekking tot ontoegekende gebied ten volle te ondersteun. Dit sal ’n geestelik verkwikkende en opbouende ondervinding vir jou en ander wees.

DEUR JOU VOORBEELD

4 Die apostel Paulus het besef dat sy goeie voorbeeld ander beïnvloed het en ’n bron van bemoediging vir sy broers was (Filip. 1:13,14). Wanneer ons selfs in klein dingetjies ’n goeie voorbeeld stel, het dit dieselfde uitwerking. Ondersteun jy byvoorbeeld gereeld die groep wanneer jy velddiens doen? Het jy deeglik voorberei en die publikasies gelees wat aangebied word? Dink jy sorgvuldig na oor hoe jy dit sal aanbied? Sodoende sal jy ’n goeie voorbeeld vir ander stel en jou eie aanbieding interessanter maak.

NUWELINGE, ONGEREELDES EN ONBEDRYWIGES

5 Talle nuwelinge en party wat onbedrywig geword het, het die Gedenkmaalviering in April bygewoon. Hulle het persoonlike hulp en aanmoediging nodig ten einde gereeld te assosieer sodat hulle die nodige geestelike krag kan verkry.​—Hebr. 10: 24,25.

6 Wat van ander wat ongereeld geword het in die diens of dikwels vergaderinge mis? Is hulle dalk ontmoedig weens probleme waarmee hulle te kampe het? Kan jy so ’n persoon nooi om jou in die bediening of na ’n Bybelstudie te vergesel? Kan jy daardie persoon by ander gemeentelike bedrywighede betrek? ’n Vriendelike en begrypende woord op die regte tyd is dikwels al wat nodig is om diegene te help wat ontmoedig geraak het.​—Spr. 25:11.

7 As ons daarna strewe om ons geestelike wapenrusting heel te hou en ons broers help om dieselfde te doen, sal ons gehoor gee aan die apostel se raad dat ons “die swakkes moet help” en sal ons die vervulling van Jesus se woorde ervaar: “Dit is saliger om te gee as om te ontvang.”​—Hand. 20:35.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel