Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/93 bl. 3
  • Wees gereeld in die velddiens

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wees gereeld in die velddiens
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Rapporteer jou velddiens akkuraat
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Dra jy by tot ’n akkurate rapport?
    Ons Koninkryksbediening—2002
  • Velddiensvergaderinge wat hulle doel dien
    Ons Koninkryksbediening—2015
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1993
km 6/93 bl. 3

Wees gereeld in die velddiens

1 Doen ons positiewe stappe om gereeld aan die velddiens deel te neem? Probeer ons ons bes om ons velddiensrapport elke maand stiptelik by die Koninkryksaal in te gee? Dit is iets wat ons almal moet probeer doen, en ons moet nooit toelaat dat daar een maand verbygaan sonder dat ons ons geloof op die een of ander manier in die openbaar bely nie.—Rom. 10:9, 10.

2 ’n Aantal gemeentes sukkel nog om verkondigers sover te kry om hulle diens stiptelik aan die einde van elke maand te rapporteer. In ons brief van 15 Augustus 1992 het ons riglyne aan alle gemeentes verskaf oor die korrekte manier om velddiensrapporte te behartig. Ons wil tot julle voordeel ’n paar van hierdie punte herhaal. Dit is die voorreg en verantwoordelikheid van elke verkondiger om sy velddiensrapport in die spesiale bussie gemerk “Velddiensrapporte” te sit wat in elke Koninkryksaal moet wees. Volg jy hierdie riglyn sedertdien getrou? As dit die geval is, wil ons jou daarvoor prys. Maar gestel jy het vergeet om jou rapport betyds in te gee?

3 Aan die begin van elke maand moet die gemeentelike sekretaris elke boekstudiehouer voorsien van ’n lys van verkondigers in sy groep wat nie gerapporteer het nie. Die boekstudiehouer moet daardie verkondigers onmiddellik nader, die uitstaande rapporte kry en dit aan die sekretaris gee. Hierdie reëling moet élke maand gevolg word om te verseker dat alle laat rapporte gekry en aan die Genootskap gestuur word. Hierdie laat rapporte sal dan by die volgende maand se rapport getel word. Dit beteken dat elke verkondiger wat laat rapporteer die volgende maand as twee verkondigers getel sal word. Sodoende sal die verkondiger nie ongereeld word nie. Moet nooit twee maande se velddiensbedrywighede op een rapport kombineer nie, maar gee altyd ’n afsonderlike rapport vir elke maand in.

4 Hoe kan ons met hierdie reëling saamwerk as ons aan die einde van ’n maand weg gaan wees? Ons kan ons rapport in die bussie sit voor ons vertrek of ons kan seker maak dat ons ons velddiensrapport aan die gemeentelike sekretaris stuur. Dit moet vroeg genoeg gedoen word sodat dit ingesluit kan word by die gemeente se maandelikse rapport, wat deur die sekretaris saamgestel en teen die sesde van elke maand aan die Genootskap gestuur word.

5 Hoewel ons self gereeld moet wees, moet ons ook wakker wees om ander te help om gereeld aan die veldbediening deel te neem (Filip. 2:4). Hoe kan ons dit doen? Ons kan dalk ongedoopte verkondigers wat pas aan die bediening begin deelneem het, nooi om saam met ons te werk. ’n Vaste diensrooster sal help om die waarheid stewig in hulle hart gevestig te hou.

6 Wees gereeld in die velddiens. Gee elke maand jou velddiensrapport getrou in. Help ander om gereeld aan die velddiens deel te neem. Betoon ‘liefde aan die hele broederskap’.—1 Pet. 2:17, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel