Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/85 bl. 1-2
  • Jongmense, loof Jehovah se naam

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jongmense, loof Jehovah se naam
  • Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • HULP VAN ANDER
  • SKRIFTUURLIKE AANBIEDING
  • Maak jou vooruitgang duidelik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Jongmense—Maak julle vooruitgang duidelik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Onderwerp vir Gesprekke
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderwerp vir Gesprekke
    Ons Koninkryksbediening—1985
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1985
km 5/85 bl. 1-2

Jongmense, loof Jehovah se naam

1 Op sy tweede sendingreis het Paulus Timotheüs ontmoet, wat ’n “goeie getuienis gehad [het] van die broeders in Listre en Ikonium”. Hy het Timotheüs genooi om hom in die sendingwerk te vergesel (Hand. 16:1-3). Jare later het Paulus aangaande Timotheüs geskryf: “Want ek het niemand van dieselfde gesindheid wat julle belange opreg sal behartig nie” (Filip. 2:20). Die Bybel vertel ons ook van Samuel wat die guns van die mense en Jehovah geniet het toe hy nog baie jonk was (1 Sam. 2:26). Voorbeeldige Christen jongmense wil vandag hê dat daar sulke verslae oor hulle gedoen word.

2 Samuel sowel as Timotheüs het hulle geestelike vooruitgang in ’n groot mate te danke gehad aan die godvrugtige opvoeding wat hulle van toegewyde ouers ontvang het (1 Sam. 1:26-28; 2 Tim. 3:15). ’n Jongeling wat vandag ’n goeie verhouding met Jehovah wil geniet, moet eweneens gunstig op die raad en opleiding van sy Christenouers reageer.​—Spr. 6:20; Ef. 6:1-4.

HULP VAN ANDER

3 Samuel en Timotheüs het ongetwyfeld ook baie geestelike aanmoediging en hulp ontvang van die ouere manne en ander wat hulle gedrag geprys het. Baie van ons bedieningsknegte is jong volwassenes wat goeie geestelike vooruitgang gemaak het. Hulle kan jou help om waardering vir velddiens op te bou. Doen gerus saam met hulle velddiens. As jy hierdie broers gretig om hulp vra, sal dit jou help om jou geestelike vooruitgang duidelik te laat wees.​—1 Tim. 4:15.

4 Jou ouers, die ouere manne en die bedieningsknegte stel almal in jou geestelike vooruitgang belang. Hulle behoort ’n gunstige verslag te kan gee van jou gedrag binne en buite die gemeente. Jy is ongetwyfeld beindruk deur die spesiale aandag wat die Genootskap aan jongmense skenk. As jy opreg hieraan gehoor gee, sal dit jou help om Jehovah se naam te loof.

SKRIFTUURLIKE AANBIEDING

5 Ons sal gedurende Mei die Paradys op aarde-boek. aanbied. Jong verkondigers behoort die nuwe ‘Onderwerp vir gesprekke’ maklik te kan gebruik. Al het jy dus nog nie veel ondervinding in die veld nie, spoor ons jou aan om ’n positiewe gesindheid te hê. Jy kan die volgende aanbieding of iets soortgelyks gebruik.

6 Nadat jy die huisbewoner gegroet en jouself voorgestel het, kan jy vra: “Glo u dat daar ’n gelukkige toekoms vir die mensdom voorlê?” Ongeag of die huisbewoner positief of negatief antwoord, kan jy dan sê: “Die Bybel toon dat die mensdom ’n waarlik gelukkige toekoms het met die vooruitsig om vir ewig in vrede te lewe.” Lees dan Psalm 37:29, 37. Jy kan kortliks oor hierdie vers kommentaar lewer en dan sê: “Hierdie selfde psalm toon vir ons waar ons hulp kan kry in hierdie swaar tye en dat ons verseker kan wees van ’n gelukkige toekoms.” Lees nou vers 39. Afhangend van die belangstelling wat die persoon toon, kan jy vers 40 ook lees en daaroor kommentaar lewer. Maak die Paradys op aarde-boek oop en vestig die aandag op die teenstelling tussen die illustrasie op bladsy 9 en die gelukkige toestand van die mense wat op bladsye 11-13 uitgebeeld word. Vertel ten slotte vir die huisbewoner dat as hy werklik vir ewig wil lewe en ’n gelukkige toekoms op ’n paradysaarde wil geniet, hy meer daaroor moet leer. Bied dan die Paradys op aarde- boek aan. As jy dus ’n bietjie moeite en voorbereiding doen, kan jy ’n doeltreffende aanbieding doen.

7 Jongmense wat vandag op die weg van die waarheid gerig word, is inderdaad baie bevoorreg. Julle kan julle hele lewe gebruik om Jehovah se naam te loof as julle werklik Jehova se wil wil doen en gebruik maak van die hulp wat hy voorsien. Stel julle dit ten doel om Jehovah julle hele lewe lank te dien.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel