Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/85 bl. 1-3
  • Vertel daagliks die goeie nuus van redding

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vertel daagliks die goeie nuus van redding
  • Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • GEBRUIK PARADYS OP AARDE-BOEK
  • Hou jou “hoop op redding” helder voor oë!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Ons bring “goeie nuus van iets beters”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Ons verkondig goeie nuus
    Ons Koninkryksbediening—2000
  • ‘Volop te doen in die werk van die here’
    Ons Koninkryksbediening—1995
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1985
km 6/85 bl. 1-3

Vertel daagliks die goeie nuus van redding

1 Wat ’n vreugdevolle voorreg is dit tog om gereeld deel te neem aan die verkondiging van die boodskap van redding! Hoe ryklik geseënd is ons om hierdie boodskap aan ander te kan bring! Wanneer ons hierdie goeie nuus van redding met ander deel, versterk dit ons geloof en ywer. Ons harte juig wanneer ons gehoor gee aan die aansporing: “Sing tot eer van die HERE, loof sy Naam.”​—Ps. 96:2-4.

2 Is dit jou doelwit om elke dag die boodskap van redding te spreek? Hulp- en gewone pioniers het gewoonlik ’n daaglikse aandeel in die verkondiging van die goeie nuus. Kan jy dit doen? Indien nie, kan jy elke dag ten minste ’n klein, informele aandeel hê? Wat ’n groot lofkreet tot Jehovah sal dit tot gevolg hê as ons almal dit kon doen! Jy sal Jehovah se goedkeuring en talle ander ryk seëninge geniet terwyl jy elke dag die Koninkrykshoop verkondig.

3 Ons gesindheid teenoor die bediening kan bepaal hoe dikwels ons die goeie nuus met ander deel. Ons moet nie mismoedig en traag word in ons aanbieding van die Koninkryksboodskap omdat mense nie daarop reageer nie. Inteendeel, ’n positiewe gesindheid en ’n innige waardering vir die reddingsboodskap sal ons versterk in ons strewe om daagliks die goeie nuus te vertel.​—Luk. 6:45.

4 As gesinslede eendragtig saamwerk om aan Jehovah ‘heerlikheid en sterkte toe te skryf’, sal hulle talle ryk seëninge geniet (Ps. 96:7, NW). Dit versterk gesins- sowel as geestelike bande as tyd daaraan afgestaan word om as ’n gesin saam in die bediening te werk. Spesiale velddiensdae, soos die eerste Sondag en die tweede en vierde Saterdag van die maand, is uitstekende geleenthede vir gesinslede om saam met mekaar en saam met ander gesinne in die gemeente te werk in die verkondiging van die Koninkrykshoop.

GEBRUIK PARADYS OP AARDE-BOEK

5 Gedurende Junie sal ons die gewone en die kleiner uitgawe van die Paradys op aarde-boek aanbied. Ons kan ook help om party van die ouer publikasies wat nog in voorraad is te versprei. Mense is besorg oor die daaglikse lewe en wil ’n gelukkige toekoms hê. Opregte mense is verheug wanneer hulle leer van die vooruitsig van ’n lang lewe sonder die probleme wat vandag vir die mens so algemeen is. Juiste kennis van hierdie hoop, en die oortuiging dat dit binnekort ’n werklikheid gaan word, behoort ons tot positiewe optrede aan te spoor in die verkondiging van die Koninkryksboodskap.

6 Dink biddend na oor wat jy sal sê sodat jou aanbieding byval sal vind. Nadat jy jou voorgestel het, kan jy byvoorbeeld sê: “Watter soort toekoms wil u graag vir u en u gesin hê? [Laat huisbewoner antwoord.] Ons geniet almal die lewe en wil graag so lank moontlik lewe. En tog duik daar soveel probleme op wat skynbaar ons lewens in gevaar stel. Daarom stel u dalk daarin belang om die Bybel se boodskap te hoor aangaande ’n gelukkige toekoms en hoe ons vandag die sorge van die lewe die hoof kan bied.” Nou kan jy die aandag op die tekste in die huidige ‘Onderwerp vir gesprekke’ vestig. Gebruik spesifieke geselspunte in aangewese ouer publikasies of gedagtes op bladsye 9, 11-13, 161 en 162 in die Paradys op aarde-boek om te wys op die gelukkige toekoms wat voorlê.

7 Wat ’n vreugdevolle en geloofverstekende boodskap het Jehovah tog vir ons gegee om te verkondig! Ons geniet ook die groot voorreg om ten nouste met ander saam te werk wat ’n innige waardering vir Jehovah se wonderlike beloftes het. Moet ons nie ons beskikbare tyd en middele gebruik om elke dag die goeie nuus van redding vir ander te vertel nie, aangesien die werk wat ons nou doen nooit herhaal gaan word nie en binnekort gaan eindig?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel