Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/85 bl. 1-2
  • Handhaaf ons ywer in die bediening

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Handhaaf ons ywer in die bediening
  • Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • WEERSPIEËL JEHOVAH SE YWER
  • GEE NOUKEURIG AG OP JESUS
  • HUIDIGE AAN BOD
  • “Gloei van die gees”
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Jehovah seën godvrugtige ywer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Sal jy gedurende hierdie Gedenkmaalseisoen die ywer van Jehovah en Jesus navolg?
    Ons Koninkryksbediening—2015
  • Verkondig die Koninkryksboodskap ywerig
    Ons Koninkryksbediening—1990
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1985
km 11/85 bl. 1-2

Handhaaf ons ywer in die bediening

1 Hoe lank handhaaf jy al jou ywer in die verkondiging van die goeie nuus? Vyf jaar, tien, of selfs langer? Party broers preek al twintig jaar, dertig of langer en is steeds ywerig. Wat het voorkom dat hulle moeg word? Hoe kan ons tred hou met Jehovah se organisasie en die werk wat hy “op sy tyd bespoedig”?​—Jes. 60: 22, NW.

WEERSPIEËL JEHOVAH SE YWER

2 Diegene wat aan Koninkryksdiens deelneem, beskou hulleself tereg as God se medewerkers (1 Kor. 3:9). Hulle sien sy ywer vir geregtigheid en volg dit na. Jehovah het duisende jare gelede die goeie nuus aangekondig en hy het ywerig gesorg dat sy volk dit verkondig (Gal. 3:8). Jehovah het selfs tot vandag toe nie belangstelling verloor in sy Koninkryksvoorneme nie. “Die ywer van die Here” bewerkstellig die vervulling van al sy beloftes, asook die voorspelde internasionale Koninkryksgetuienis.​—Jes. 9:6; Matt. 24:14.

3 Dit maak nie saak hoe lank ons al preek nie, ons kan goddelike ywer handhaaf deur Koninkrykswaarhede helder in gedagte te hou. Ons absorbeer die Bybel se gees, wat Jehovah se gees is, deur dit te bestudeer. Sodoende sal ons aanhou om Sy boodskap ywerig te verkondig.​—Rom. 12:11, 12; Ef. 5:1.

GEE NOUKEURIG AG OP JESUS

4 Jehovah het sy Seun, Jesus Christus, die volmaakte voorbeeld van ’n ywerige bedienaar, voorsien. Jesus het sy ywer reg tot aan die pynlike maar seëvierende einde van sy lewe op aarde gehandhaaf. Hebreërs 12: 2, 3 wys op een ding wat Jesus gehelp het om standvastig te bly. Dit was die prys wat hom voorgehou is. Word jou ywer nie hernieu wanneer jy aan die wonderlike hoop dink wat Jehovah aan jou voorhou nie? Onthou, dit is nie hoe lank ons al ywerig is nie, maar ons volharding tot die einde wat ons die gelukkige prys van die ewige lewe sal besorg.​—Matt. 24:13.

5 As ons Jehovah se werk doen, kan dit op sigself ons ywer vergroot. Beskou Jesus se voorbeeld in Johannes hoofstuk 4. Hy was moeg. Hy moes rus, eet en drink. Sy dissipels het na die dorp gegaan om voedsel te koop, maar toe hulle terugkeer, het dit nie gelyk of hulle meester meer honger of moeg was nie. Wat het hom verfris en sy energie hernieu? Dit was die goeie ondervinding wat hy in God se diens geniet het. ’n Samaritaanse vrou het dadelik op Jesus se prediking gereageer en deur haar het ander uit haar stad gekom om na Jesus te luister. Hier was mense wat gereed was om vir die ewige lewe ingesamel te word! Jesus het gretig in die behoeftes van hierdie mense voorsien. Hierdie besielende voorbeeld moedig ons aan om bedrywig te bly. Ons weet dat ’n wonderlike lewe op diegene wag wat luister en gunstig reageer.

HUIDIGE AAN BOD

6 Gedurende November sal ons die Vrede en veiligheid-boek. aanbied. (Engels: New World Translation of the Holy Scriptures en enige ouer publikasie.) Hoewel ons dikwels mense teëkom wat gekant is, traag is om te reageer of eenvoudig onverskillig teenoor God en die Bybel staan, moet ons nie toelaat dat dit ons ontmoedig nie. Ons lewendige en ywerige aanbieding kan party van hierdie mense help om te sien watter uitwerking God se Woord op diegene het wat dit ter harte neem (Hebr. 4:12). Laat hulle verstaan dat ons bly sal wees om God se kragtige Woord met hulle te bestudeer sodat hulle ook kan “lewe” en “die werke van die Here [kan] vertel”.​—Ps. 118:15-17.

7 Ons kan daarvan seker wees dat as ons ons ywer in die bediening handhaaf Jehovah, die bron van goddelike ywer, ons verenigde poging in die bediening gedurende November ryklik sal seën.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel