Sal jy gedurende hierdie Gedenkmaalseisoen die ywer van Jehovah en Jesus navolg?
1. Watter spesiale poging wend Jehovah se Getuies gedurende die Gedenkmaalseisoen aan?
1 Jehovah is ywerig in die verwesenliking van sy voorneme. Aangaande party van die seëninge van God se Koninkryk sê Jesaja 9:7: “Die ywer van Jehovah van die leërs sal dit doen.” Net so het God se Seun gedurende sy aardse bediening groot ywer vir ware aanbidding getoon (Joh. 2:13-17; 4:34). Elke jaar gedurende die Gedenkmaalseisoen wend miljoene verkondigers regoor die wêreld ’n spesiale poging aan om die ywer van Jehovah en Jesus na te volg deur meer te doen in die bediening. Sal jy een van hulle wees?
2. Wat sal ywer ons beweeg om vanaf 7 Maart te doen?
2 Gedenkmaalkampanje: Hierdie jaar se kampanje om die Gedenkmaal te adverteer, sal op Saterdag 7 Maart begin. Beplan nou al om ’n ywerige aandeel aan die bediening te hê. Daar sal groot opgewondenheid in die gemeentes heers terwyl hulle soveel van hulle gebied as moontlik dek. Wend ’n doelgerigte poging aan om jou Bybelstudies, herbesoeke, werksmaats, familielede en skoolmaats te nooi deur hulle ’n uitnodiging te gee of jw.org te gebruik.
3. Hoe kan ons gedurende Maart en April meer in die bediening doen?
3 Hulppionierdiens: Ywer sal ons ook beweeg om meer in die bediening te doen. Baie sal ongetwyfeld gedurende Maart en April hulppionierdiens kan doen, aangesien ons die opsie sal hê om 30 uur aan die hulppionierdiens te bestee. Ons kan biddend tydens ons gesinsaanbidding of persoonlike studie oorweeg hoe ons dit kan doen (Spr. 15:22). Ons entoesiasme vir hierdie kampanje kan ander tot ywerige bedrywigheid aanspoor. As ons aanpassings maak om meer te doen, sal ons die ywer van Jesus navolg.—Mark. 6:31-34.
4. Watter seëninge kan ons geniet as ons die ywer van Jehovah en Jesus navolg?
4 As ons gedurende hierdie Gedenkmaalseisoen die ywer van Jehovah en Jesus navolg, sal ons baie seëninge geniet. Nog baie mense in die gebied sal ’n getuienis ontvang. Ons sal die vreugde en bevrediging ondervind wat dit verskaf om Jehovah te dien en aan ander te gee (Hand. 20:35). Maar wat die belangrikste is, is dat ons ons ywerige God en sy Seun sal behaag.