Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/90 bl. 7-8
  • ’n Puik blyk van broederliefde

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Puik blyk van broederliefde
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Nuwe program vir die bou van Koninkryksale
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Vinnige uitbreiding nodig weens merkwaardige vermeerdering
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Wees vasbeslote om ‘julle broederliefde te laat voortduur’!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Vertrou op Jehovah in alles wat ons onderneem
    Ons Koninkryksbediening—1992
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1990
km 8/90 bl. 7-8

’n Puik blyk van broederliefde

1 Soos ons in Ons Koninkryksbediening vir Maart 1990 bespreek het, is daar steeds ’n dringende behoefte aan meer Koninkryksale. Die broers dra gereeld tot die Genootskap-Koninkryksaalfonds by, en dit is voorwaar bemoedigend. Dit is in harmonie met die Christelike gees om altyd “mededeelsaam” te wees. As die broers milddadig gee, toon dit dat ons ons hoop stel op God, wat “ons alles ryklik verleen om te geniet”.—1 Tim. 6:17, 18.

2 Vroeër vanjaar is twee etikette met die woorde “Bydraes vir Genootskap-Koninkryksaalfonds” daarop aan gemeentes gestuur met die versoek dat ’n spesiale bydraebussie vir hierdie fonds aangebring moet word. Dit lyk egter of ’n aantal gemeentes dit nog nie gedoen het nie. Gedurende Mei 1990 was daar byvoorbeeld net 249 gemeentes wat tot hierdie fonds bygedra het. As so ’n bydraebussie nog nie in julle gemeente aangebring is nie, vra ons die presiderende opsiener om reëlings te tref om dit, indien moontlik, nog hierdie week te doen. Die sekretaris moet ook toesien dat die bydrae duidelik op die “Remittance and Credit Request”-vorm (S-AB-20) aangedui word wanneer ’n bydrae tot die Genootskap-Koninkryksaalfonds gemaak word.

3 Benewens geldelike steun van gemeentes en individue het broers ook op ander maniere liefdevol gereageer. Bedrewe werkers gebruik hulle kosbare tyd en vaardighede om met die konstruksie van die Koninkryksale wat so nodig is te help. Ander het toerusting en boumateriaal geskenk. Terwyl party van die gemeente se bedrewe ambagsmanne weg was om met Koninkryksaalkonstruksie te help, het ander verkondigers ’n groter aandeel in plaaslike velddiensbedrywighede gehad. Dit is bemoedigend om die heelhartige samewerking van so baie te sien. Aangesien ons almal “genadegawes [besit] wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is”, moet ons voortgaan om hierdie gawes ten volle te gebruik.—Rom. 12:4, 6.

4 Laat julle Gedenkmaalbywoning julle nie duidelik besef dat daar voortdurend ’n behoefte aan meer Koninkryksale is nie? Die apostel Paulus het die Thessalonicense aangemoedig om hulle “broederliefde . . . oorvloediger” te betoon (1 Thess. 4:9, 10). Terwyl julle voortgaan om dit te doen op die praktiese maniere wat hier gemeld word, sal julle, soos Christus, die gees van mededeelsaamheid aan die dag lê (Matt. 10:8; Hand. 20:35). Op alle moontlike maniere ‘moet die broederliefde bly’.—Hebr. 13:1.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel