Teokratiese Nuus
♦ 21 Maart 1987 was een van die opwindendste dae in die geskiedenis van Jehovah se Getuies in Suid-Afrika. Op daardie dag is die pragtige, nuwe Bethelkompleks by Robert Broomrylaan-Oos 1, Rangeview, Krugersdorp, aan Jehovah toegewy. ’n Vreugdevolle skare van 3 980 mense van alle rasse het aandagtig geluister toe broer M. G. Henschel van die Bestuursliggaam die toewydingstoespraak gehou het. Broer Henschel en broer C.W. Barber, ’n ander lid van die Bestuursliggaam, het ook toesprake in Johannesburg, Durban en Kaapstad gehou met ’n opkoms van altesaam 43 307.
♦ ’n Waarderende gehoor van 852 het op 4 April 1987 die toewyding van die Naledi-Koninkryksaal bygewoon. Die afgelope 17 jaar het hulle vergaderinge onder baie moeilike omstandighede gehou. Van die 26 Koninkryksale wat gedurende die afgelope twee jaar toegewy is, is hierdie die Vierde saal in Soweto.
♦ Australië het ’n verkondigerhoogtepunt van 44 365 vir Januarie gehad. ’n Hoogtepunt van 2 225 gewone pioniers het gedurende daardie maand gerapporteer.
♦ Curaçao het in Januarie ’n hoogtepunt van 1 351 verkondigers gehad. Die opkoms vir die sone-opsiener se toespraak was 2 860.
♦ Die eerste streekbyeenkoms wat ooit in Guinee gehou is, was ’n groot sukses met 12 persone wat gedoop is en ’n opkoms van 1 132 op Sondag. Dit is in Januarie gehou en deur broers van Liberië en Sierra Leone bygewoon. Die broers was baie geesdriftig oor hierdie byeenkoms.
♦ Porto Rico het in Januarie ’n verkondigerhoogtepunt van 22 167 gehad. Gewone pioniers het ’n hoogtepunt van 1 358 bereik. Bybelstudies het ook ’n hoogtepunt van 19 302 bereik.
♦ Trinidad het in Januarie ’n hoogtepunt van 4 724 in verkondigers en hulle sewende agtereenvolgende hoogtepunt in gewone pioniers gehad. Hulle kringbyeenkomste is deur 9 730 bygewoon en 103 is gedoop.
♦ By die Gileadgraduering op 1 Maart 1987 is die opening van ’n nuwe Bedieningsopleidingskool aangekondig. Dit sal in Oktober in die stad Pittsburgh, Pennsilvanië, begin. Nadere besonderhede word in die nommer van 1 Junie 1987 van Die Wagtoring gevind.