Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/87 bl. 1-12
  • Help ander om tot toewyding en doop te vorder

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Help ander om tot toewyding en doop te vorder
  • Ons Koninkryksbediening—1987
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • HOE ONS KAN HELP
  • MOENIE TALM NIE
  • Doop — ’n Vereiste vir Christene
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Voldoen aan die vereistes vir Christelike doop
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Doop en jou verhouding met God
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Wat verhinder jou om gedoop te word?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1987
km 10/87 bl. 1-12

Help ander om tot toewyding en doop te vorder

1 Watter vreugde is dit tog om te sien hoe al hoe meer mense die Bybel bestudeer en by Jehovah se organisasie aansluit! En dit is selfs ’n groter vreugde om hulle te help om ’n intieme geestelike verhouding met Jehovah God self aan te kweek en te behou.​—Vergelyk Handelinge 20:35.

2 Dit is prysenswaardig dat baie nuwelinge in so ’n mate gevorder het dat hulle goedgekeurde metgeselle geword het, en dat die meeste van hulle gereeld aan die predikingswerk deelneem. Nou moet hulle toewyding en doop nastreef. Hoe kan ons hulle help om hierdie belangrike stappe te doen?​—Matt. 28:19.

HOE ONS KAN HELP

3 Ons moet Bybelstudente help om liefde en waardering vir Jehovah aan te kweek sodat hulle deur geloof beweeg sal word om hulle aan hom toe te wy (1 Kron. 28:9a). Leer hulle dus tydens die tuisbybelstudie om Jehovah se eienskappe te probeer identifiseer wanneer jy sy werke en standaarde bespreek. Help die studente ook om die losprys te waardeer. Help hulle om ’n juiste kennis van Jehovah God en Jesus Christus te verkry.​—Joh. 17:3.

4 Beklemtoon Jehovah se liefdevolle voorneme vir die mens en die aarde, sowel as die heiliging van Sy heilige naam. Help die student om duidelik te sien hoe hy daarby betrokke is en hoe hy die een wat Jehovah smaad, kan antwoord (Spr. 27:11). Gebruik elke geleentheid om die student te help om geestelik te groei sodat hy ‘homself sal verloën en sy kruis sal opneem’ en hom as ’n dissipel van Jesus Christus sal laat doop.​—Matt. 16:24.

5 Help jou Bybelstudente om te besef dat Jehovah se wette en beginsels ons tot nut strek. Hulle moet besef dat as hulle tot op die nippertjie wag om ’n standpunt vir ware aanbidding in te neem, hulle die beloning, naamlik die lewe, kan verbeur (Luk. 21:34, 35). Praat met hulle oor jou waardering vir sy organisasie, die gemeente, die vergaderinge en die broederskap (Ps. 100:2). Oortuig hulle dat God se Woord lewend is en krag uitoefen. Gebruik dit om die studente te beweeg om by vergaderinge, kringbyeenkomste, streekbyeenkomste en andersins met God se volk om te gaan. Dit sal hulle help om ’n begeerte aan te kweek om ’n intieme persoonlike verhouding met Jehovah te hê.

MOENIE TALM NIE

6 Die Ethiopiese hofdienaar met wie Filippus gepraat het, het nie getalm om hom te laat doop nie. Hy het sy eie verstand en hart ondersoek en Filippus gevra of daar enige omstandighede is wat hom verhinder om gedoop te word. Toe hy geen rede gevind het om dit uit te stel nie, het hy hom onmiddellik laat doop (Hand. 8:26-38). Dit is die gesindheid wat ons vandag in Bybelstudente wil aankweek.​—Vergelyk Johannes 14:23; 2 Korinthiërs 5: 14,15.

7 Slegs diegene wat vir redding ‘geteken is’, sal tot in Jehovah se nuwe stelsel bly lewe (Eseg. 9:2-6). Hoe gelukkig sal diegene wat hulle vir oorlewing laat teken het tog wees, omdat hulle ’n toegewyde verhouding met Jehovah God het, soos gesimboliseer deur waterdoop!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel