Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/88 bl. 4
  • Bied die Goeie Nuus Aan—By almal

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bied die Goeie Nuus Aan—By almal
  • Ons Koninkryksbediening—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • STRAAT- EN WINKEL-TOT-WINKELWERK
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Op straat en in sakegebied
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Verkondig die goeie nuus oral
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Deur doeltreffende straatgetuienis
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Vind belangstellendes deur doeltreffende straatgetuieniswerk
    Ons Koninkryksbediening—1994
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1988
km 1/88 bl. 4

Bied die Goeie Nuus Aan​—By almal

1 Terwyl Jesus Christus gepreek het, het hy intens daarin belanggestel om soveel mense moontlik te bereik (Mark. 6:34; Joh. 4:7, 40, 41). Ons moet ook probeer om soveel mense moontlik te bereik. Lewens staan op die spel—hulle s’n en ons s’n (1 Tim. 4:16). Ons wil ander help om Jehovah te leer ken sodat hulle ook sy naam kan aanroep om gered te word.​—Hand. 2:21.

2 ’n Algemene probleem wat baie van ons teëkom, hetsy ons in stedelike of plattelandse gebied werk, is om diegene te vind wat nie tuis is wanneer ons die eerste keer daar aandoen nie. Het jy probeer om hulle later op dieselfde dag te besoek? Baie het goeie welslae deur dit te doen. Of probeer om op ’n ander dag daar aan te doen. Diegene wat nooit by die huis is nie, kan moontlik deur middel van ’n brief bereik word. Neem die inisiatief, wanneer jy stedelike gebied werk, om met diegene te praat wat jy in die gange en voorportale van woonstelgeboue of op die sypaadjie sien.

STRAAT- EN WINKEL-TOT-WINKELWERK

3 Deelname aan straatwerk kan jou help om individue te bereik wat gewoonlik nie tuis is wanneer ons hulle besoek nie. Wanneer jy mense nader, is dit voordelig om vriendelik en direk te wees terwyl jy probeer om ’n gesprek te begin. ’n Kort, direkte vraag kan jou help om belangstelling te wek. Dit sal waarskynlik die maklikste wees om diegene wat nie vinnig loop nie te nader. Sommige het welslae behaal deur ’n paar tree saam met ’n persoon te loop terwyl hulle die tydskrifte kortliks aanbied. Ander het dit prakties gevind om met diegene aan die buitekant van die skares te praat wanneer die strate besig is. Winkel-tot-winkelwerk kan jou help om eienaars en werknemers te bereik wat dikwels nie gevind word wanneer ons hulle by hulle huise besoek nie. Wees bedagsaam deur op ’n tyd te gaan wanneer daar min klante in die winkel is.​—kmAF 5/85 bl. 4.

4 Jy hoef nie net tydskrifte aan te bied wanneer jy straat- en winkel-tot-winkelwerk doen nie. Boeke en brosjures kan ook aangebied word. Een suksesvolle verkondiger begin die gesprek deur te vra: “Het jy ons nuutste boek gesien?” ’n Ander sê eenvoudig: “Ek het iets wat ek graag vir jou wil wys.”

5 Hoe kan belangstelling wat in straat- en winkel-tot-winkelwerk gevind word verder ontwikkel word? Baie het welslae behaal deur belangstellendes hulle adres te vra sodat hulle op ’n meer geleë tyd verder met hulle kan gesels. As jy vind dat hulle nie in jou gebied woon nie, kan die besoek aan die betrokke gemeente gegee word. Die presiderende opsiener in julle gemeente sal bly wees om jou in hierdie opsig te help.

6 Dit is Jehovah se wil dat almal ’n geleentheid gegee word om die waarheid te hoor. “Laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet” (Openb. 22:17). Wanneer ons ’n opregte poging aanwend om alle persone te bereik, toon ons dat ons ander liefhet soos Jehovah hulle liefhet.​—Joh. 3:16.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel