Teokratiese Nuus
♦ Tsjad het vir Augustus ’n hoogtepunt van 204 verkondigers gerapporteer. Die gemeentelike verkondigers aldaar het gemiddeld 18,4 uur aan die velddiens bestee.
♦ Ecuador het vir die eerste maand van die nuwe diensjaar ’n hoogtepunt van 12 161 verkondigers gerapporteer, ’n vermeerdering van 9 persent vergeleke met verlede jaar se gemiddelde. ’n Hoogtepunt van 22 854 Bybelstudies is ook gerapporteer.
♦ Frankryk het die nuwe diensjaar met hoogtepunte van 97 032 verkondigers en 3 938 gewone pioniers begin.
♦ Italië het die verkondigertal van 150 000 oorskry toe ’n onoortroffe hoogtepunt van 150 364 vir September gerapporteer is. Gemeentelike verkondigers het gemiddeld 13,4 uur aan die velddiens bestee.
♦ Die tak in Nederlands-Antille het in September hoogtepunte van 1 425 verkondigers in Curaçao en 404 in Aruba gerapporteer.
♦ Réunion het in September ’n hoogtepunt van 1 352 verkondigers gehad, ’n vermeerdering van 9 persent. Hulle streekbyeenkoms is deur 2 935 bygewoon, en 48 is gedoop.