Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/88 bl. 1
  • Wees ywerig vir rein aanbidding

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wees ywerig vir rein aanbidding
  • Ons Koninkryksbediening—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • IN DIE VELDBEDIENING
  • Bied steeds intekeninge op Die Wagtoring aan
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Opvolgwerk met Intekening verval-strokies
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Bied Die Wagtoring gedurende April aan
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Verkondig die Koninkryksboodskap ywerig
    Ons Koninkryksbediening—1990
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1988
km 5/88 bl. 1

Wees ywerig vir rein aanbidding

1 Jehovah is die ywerige God (Jes. 9:6; 59:17). Dit is te verwagte dat almal wat Jehovah liefhet hom met ywer sal aanbid. Soos Jesus openbaar hulle opregte besorgdheid oor Jehovah se eer en die geestelike welsyn van die mensdom.​—Ps. 69:10; Joh. 2:17.

2 Deur Jehovah se organisasie ontvang ons voortdurend vermanings om ons te help om ywerig in ons diens aan Jehovah te wees. As ons ag slaan op hierdie vermanings sal ons nie halfhartig in ons aanbidding wees nie (Ps. 119:113, vgl. NW). Ons sal ywerige manne soos Jehu en die apostel Paulus, sowel as ander getroue knegte van God, navolg.​—2 Kon. 10:16; 1 Kor. 14:12, NW.

IN DIE VELDBEDIENING

3 Gedurende Mei gaan ons talle goeie geleenthede hê om ywer te toon terwyl ons steeds Wagtoring-intekeninge aanbied. Mense kan reeds sedert 1879 op Die Wagtoring inteken, en miljoene mense vind steeds as gereelde intekenaars baat daarby. Meer as driemiljoen lesers van Die Wagtoring bied nou entoesiasties die Bybelse boodskap daarvan vir ander aan. Gedurende hierdie Wagtoring-intekeningkampanje gaan ons die huidige ‘Onderwerp vir gesprekke’, “Die Bybel is nuttig vir die gesinslewe”, gebruik. Hoe kan ons dit doen?

4 Nadat jy jouself voorgestel het, kan jy vra: “Het jy opgelet dat baie gesinne dit moeilik vind om die druk van die hedendaagse lewe die hoof te bied? [Laat huisbewoner antwoord.] Hoewel dit lyk of sommige dit regkry, ondervind baie ander ernstige probleme wat wissel van ongehoorsame kinders tot kindermishandeling en van algemene wantroue tot die verbrokkeling van die huwelik en die gesin. Waar sou jy sê, kan bekommerde gesinslede betroubare leiding en bystand kry? [Laat huisbewoner antwoord.] Die een wat die huwelik ingestel het, die Skepper self, gee ons die beste raad oor die gesinslewe. Kyk hoe Genesis 1:27, 28 God se voorneme met die mens verduidelik. [Lees.] Aangesien God die reëling ingestel het, is hy die Een wat weet wat die gesin nodig het om ware geluk te smaak. Ons kan almal daarby baat vind as ons God se instruksies aangaande die gesinslewe volg. [Lees Jesaja 48:17, 18.] Die Wagtoring vestig reeds langer as honderd jaar sy lesers se aandag op Bybelbeginsels wat die gesinslewe tot voordeel strek.” Nadat jy die aandag op ’n spesifieke gedagte in die jongste nommer gevestig het, kan jy die intekening aanbied.

5 Jy sal dit nuttig vind om die inleidings te hersien wat in die Redenering-boek op bladsye 10 en 11 onder die tussenhofies “Bybel/God” en “Gesin/Kinders” verskyn. Hierdie inleidings kan aangepas word om by die omstandighede in jou eie gemeente se gebied te pas.

6 Laat ware Christelike ywer jou beweeg om die boodskap van rein aanbidding wat in Die Wagtoring gepubliseer word te verkondig. Praat op ’n positiewe manier, met oortuiging, wanneer jy die intekening aanbied. Opregtes sal met waardering na die Bybelboodskap luister en gunstig daarop reageer.

7 Mag opregte mense sien dat ons‘’n volk is wat ywerig is in goeie werke’ namate ons elke gepaste geleentheid benut om die goeie nuus bekend te maak.​—Tit. 2:14.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel