Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/89 bl. 1-4
  • Vergaderinge is voordelig vir ons kinders

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge is voordelig vir ons kinders
  • Ons Koninkryksbediening—1989
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • BEREI VOOR VIR VERGADERINGE
  • KLEREDRAG EN GOEIE MANIERE
  • Help kinders om groter voordeel uit vergaderinge te trek
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Waarom moet ons vir aanbidding bymekaarkom?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Hoe kan die vergaderinge van Jehovah se Getuies jou help?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Hoe Jehovah ons lei
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1989
km 7/89 bl. 1-4

Vergaderinge is voordelig vir ons kinders

1 Die nasie Israel is beveel: “Laat die volk byeenkom, die manne en die vroue en die kinders . . . dat hulle kan hoor en dat hulle kan leer” (Deut. 31: 12). Ja, kinders, selfs klein kindertjies, is by Israel se vergaderinge vir aanbidding ingesluit. Die gemeentelike vergaderinge van Jehovah se Getuies is eweneens vandag voordelig vir die kinders.​—Ps. 148:1, 12.

2 Kinders se aandag kan natuurlik maklik afgetrek word. Hulle moet geleer word om aandagtig te luister na wat gesê word. Hulle het ook hulp nodig om die materiaal wat aangebied word te verstaan. Die volgende wenke kan ons kinders help om soveel moontlik by die Christenvergaderinge baat te vind.

BEREI VOOR VIR VERGADERINGE

3 Behoorlike opleiding tuis sal kinders help om te waardeer dat dit ’n voorreg is om saam met ander te vergader om Jehovah te aanbid. Kinders moet gehelp word om te verstaan dat dit God se wil is en dat gehoorsaamheid in hierdie opsig voordele meebring. Selfs klein kindertjies kan gehelp word om te verstaan dat Christenvergaderinge ook vir hulle bedoel is.​—Ps. 133:1; Jes. 48:17; Matt. 19:14.

4 As ’n kind persoonlik voorberei, sal dit hom help om vergaderinge meer te geniet. Dit is nuttig as kinders hulle eie Bybel, liedereboek en ander studielektuur het om gedurende die vergaderinge te gebruik. Ouers moet jonger kinders help om ten minste ’n deel van die les vir elke vergadering voor te berei (Hebr. 10:23, vgl. NW). Dit kan gedoen word ooreenkomstig die kind se vermoë om te verstaan en aan die vergaderinge deel te neem. Dit is uiteraard goed as almal, kinders inkluis, tyd opsysit om vir vergaderinge voor te berei.​—Hebr. 13:15, vgl. NW.

5 Dit is vir sommige kinders voordelig as hulle spesiale opdragte gedurende vergaderinge het. Baie jong kinders kan dit geniet om op te let hoeveel keer God se naam, die Koninkryk of ’n sekere Bybelonderwerp gemeld en iets daaroor gesê word. Kinders wat ’n bietjie ouer is, kan aangesê word om die tekste wat gelees of aangehaal word neer te skryf. Wat die opdrag ook al is, die kinders sal die meeste daarby baat vind as hulle vir hul pogings geprys word. Hulle kan ook later die geleentheid gebied word om kommentaar te lewer oor gedagtes wat hulle geleer het of om te vertel hoe hulle gedagtes geniet het wat by die vergaderinge gemeld is.

6 Alle kinders wat kan lees, moet aangemoedig en gehelp word om ’n persoonlike program te hê om die Genootskap se publikasies self te lees. Dit kan, na gelang van die kind se vermoë, insluit dat hy deur die Bybelverhale-, Groot Onderwyser- en Jeug-boek, asook gekose artikels in die tydskrifte, lees. So ’n program behoort ’n jongmens uiteindelik in staat te stel om by te hou by al die jongste teokratiese publikasies.

KLEREDRAG EN GOEIE MANIERE

7 Besoekers is dikwels beïndruk wanneer hulle sien hoe fatsoenlik ons jongmense by Christenvergaderinge geklee is. Daar is al opgemerk dat die manier waarop ’n kind vir vergaderinge aantrek gewoonlik verband hou met sy gesindheid en gedrag by vergaderinge. Wanneer die Genootskap se hoofkwartier in Brooklyn of enige van die takkantore besoek word, is dit gepas dat kinders sowel as volwassenes geklee is asof hulle na ’n Christenvergadering gaan.​—omAF bl. 131.

8 Die goeie gedrag van ons kinders by vergaderinge strek ook Jehovah se naam tot eer. Ouers moet dus besef dat streng toesig by vergaderinge noodsaaklik is. Besorgde ouers sal reël dat die gesin gedurende vergaderinge saam sit en toesien dat hulle kinders te alle tye goeie maniere aan die dag lê. Ouers kan vir bykomende, nuttige wenke met ander praat wat welslae met hulle kinders behaal.

9 Dit is ons begeerte dat kinders ’n volle aandeel in aanbidding by ons Christenvergaderinge het en ‘ander tot liefde en goeie werke aanspoor’ (Hebr. 10:24). In Jehovah God se reëling is vergaderinge ook vir kinders.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel