Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/89 bl. 1-2
  • Maak die voltydse diens jou loopbaan

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Maak die voltydse diens jou loopbaan
  • Ons Koninkryksbediening—1989
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’N LONENDE LEWENSWYSE
  • MAAK VOORUITGANG IN JOU BEDIENING
  • Die seëninge van die pionierbediening
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Pionierdiens—Is dit vir jou?
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Die pionierdiens versterk ons verhouding met God
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • “Jy sal ’n goeie pionier wees!”
    Ons Koninkryksbediening—2010
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1989
km 10/89 bl. 1-2

Maak die voltydse diens jou loopbaan

1 Die Christelike bediening is ’n werk wat direk verband hou met ons toewyding en verkryging van die ewige lewe (Rom. 10:10; 1 Tim. 4:16). Toe Jesus ander genooi het om sy volgelinge te wees, het hy dit duidelik gestel dat dit die verkondiging van die Koninkryk van God behels het (Luk. 9: 57-62). Hoewel dit nie noodwendig ’n verandering in werk sal verg as ons hierdie uitnodiging aanvaar nie, behels dit definitief ’n verandering in prioriteite. Dit is ’n uiters belangrike werk om ‘die deugde van Jehovah te verkondig’, wat die maak van dissipels insluit (1 Pet. 2:9; Matt. 24:14; 28:19, 20). Almal wat volkome toegewy is aan Jehovah maak derhalwe die bediening die spil waarom hulle lewe draai. Baie wie se persoonlike omstandighede dit toelaat, kon die voltydse diens hulle loopbaan maak.​—2 Kor. 4:1, 7.

’N LONENDE LEWENSWYSE

2 ’n Pionier wat teruggekyk het op 54 jaar in voltydse diens is beweeg om te skryf: “Die vreugdes wat Jehovah gegee het, oortref die beproewinge verreweg. As ek die geleentheid gebied sou word om my lewe oor te hê, sou ek gewillig al my tyd daaraan bestee om die groot God, Jehovah, te loof.” Geen wêreldse loopbaan of beroep kan die diep innerlike bevrediging en vreugde bied wat so ’n weg meebring nie. Iemand wat die voltydse diens sy loopbaan maak, gee blyk van godvrugtige toegewydheid wat nou onskatbare belonings inhou, asook seëninge wat beslis in die toekoms verwesenlik sal word.​—1 Tim. 4:8.

3 ’n Loopbaan in die voltydse bediening kan groot geluk meebring omdat ’n mens soveel moet gee (Hand. 20:35). Die kosbaarste vriendskappe, die met Jehovah en sy Seun Jesus Christus, word gesluit en versterk, omdat ons in groter mate by Koninkryksbelange betrokke raak (Luk. 16:9; 1 Kor. 15:58). ’n Mens het gemoedsrus en ’n skoon gewete omdat jy, ooreenkomstig jou omstandighede, heelhartig optree. Jou meer gedissiplineerde lewenswyse stel jou in staat om meer te verrig in gehoorsaamheid aan Christus se opdrag om ‘eers die koninkryk en sy geregtigheid’ te soek.​—Matt. 6:33.

MAAK VOORUITGANG IN JOU BEDIENING

4 ’n Loopbaan behels die strewe na volgehoue vooruitgang in die een of ander veld of onderneming. Vooruitgang is belangrik om te volhard en om jou vreugde en ywer as ’n pionier te behou. Deur sy organisasie voorsien Jehovah geestelike onderrig by gemeentelike vergaderinge en byeenkomste. Daarbenewens is daar vergaderinge saam met die ouere manne in Desember en saam met die kringopsiener wanneer hy besoek aflê. Gedurende die week van die kringbyeenkoms word ’n spesiale vergadering vir pioniers gereël. Maak jy aantekeninge en pas jy pligsgetrou die goeie wenke toe wat by sulke vergaderinge gegee word?

5 Is dit jou doelwit om ’n progressiewe Bybelstudie te kry as jy nie reeds een hou nie? Kan jy verbeter op jou inleidings by die deure of op die manier waarop jy algemene besware in jou gebied te bowe kom? Het jy die voorreg oorweeg om in ontoegekende gebied te werk of selfs om tydelik of permanent te trek om ’n gemeente te help wat hulp nodig het? Jy kan op hierdie en ander maniere vooruitgang maak en jou vermoëns in die uitvoering van God se werk verfyn.

6 As jy dit ernstig oorweeg om by die talle aan te sluit wat hierdie jaar die pionierdiens betree, moet jy oor die aangeleentheid in gebed tot Jehovah volhard (Matt. 7:7, 8). Baie het hulle vertroue in Jehovah opgebou deur eers as hulppioniers te dien.

7 Dit is nie die een of ander buitengewone vermoë of gawe wat ’n persoon in staat stel om ’n pionier te wees nie. Opregte liefde vir God en mense, asook bereidwilligheid om persoonlike opofferinge te maak, is nodig (Matt. 22:37-39; Filip. 4:13). Die Christelike bediening kan jou help om eienskappe aan te kweek wat geopenbaar moet word deur diegene wat Armageddon wil oorlewe. As jy voltyds daaraan deelneem, kan dit jou liefde, geloof, blydskap en vrede vergroot (Gal. 5: 22). Strewe dus daarna en hou vas aan die pionierbediening as jou kosbare loopbaan!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel