Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/90 bl. 1-4
  • Puik tydskrifte in die vooruitsig

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Puik tydskrifte in die vooruitsig
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • GROTER DEELNAME
  • STEL ’N PERSOONLIKE DOELWIT
  • Tydskrifte kondig die Koninkryk aan
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Gebruik tydskrifte in jou bediening
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Sit tyd vir tydskrifwerk opsy
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Die Wagtoring en die Ontwaak!—tydskrifte van waarheid
    Ons Koninkryksbediening—1994
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1990
km 2/90 bl. 1-4

Puik tydskrifte in die vooruitsig

1 Die Wagtoring en Ontwaak! se nommers van April en Mei sal uitstekende artikels bevat wat die belangstelling van almal sal wek wat ’n gelukkige toekoms begeer. Byvoorbeeld: “Wie sal die mensdom na vrede lei?” en “Wêreldvrede—Wat sal dit werklik beteken?” is die onderwerpe van Die Wagtoring se nommers van 1 April en 15 April. Min mense het die regte antwoorde op hierdie vrae. Maar Jehovah het ons nie in die duister gehou nie (Amos 3:7). Daar is beslis ook miljoene opregtes van hart wat ’n betroubare antwoord wil hê.

2 Ontwaak! se nommers van April en Mei sal die volgende onderwerpe bespreek: “Watter vooruitsig is daar op ’n langer lewe?”, “ ’n Skoon aarde−Sal jy dit beleef?” en “’n Wêreld sonder wapens—Is dit moontlik?” Stem jy saam dat mense in jou gebied die geleentheid moet kry om hierdie tydskrifte te lees?

GROTER DEELNAME

3 Ons moet ons nou reeds voorneem om ’n groter deelname te hê aan die verspreiding van hierdie puik tydskrifte wat in April en Mei sal verskyn. Tref gerus nou al reëlings sodat jy meer tyd as gewoonlik aan tydskrifverspreiding kan wy. Met sulke tydige onderwerpe daarin kan ons die tydskrifte met vrymoedigheid en entoesiasme aanbied.

4 Wat sal ons help om meer tydskrifte te versprei? Eerstens moet ons die tydskrifte deeglik lees. Hoe beter ons vertroud is met die inhoud van die tydskrifte, hoe yweriger sal ons wees om hulle te versprei. Terwyl ons hulle lees, moet ons na punte in verskillende artikels soek wat ons wil beklemtoon. Wat is daar in elke artikel wat dalk by verskillende mense byval sal vind? Ons kan ons afvra: ‘Wie sal hierdie artikels besonder nuttig vind? Wat sal ’n buurman, ’n kennis, ’n sakeman, ’n skolier en ander se belangstelling prikkel?’ Om waarlik suksesvol te wees, moet ons die tydskrifte persoonlik kan aanbeveel op grond van die kennis en genot wat ons uit hierdie tydige artikels verkry het.

STEL ’N PERSOONLIKE DOELWIT

5 Party wil hulle dit moontlik ten doel stel om ’n sekere aantal tydskrifte gedurende April en Mei te versprei. As jy dit doen, moet jy onthou om jou tydskrifbestelling dienooreenkomstig te vergroot. Jy moet dit dadelik doen, veral as jy van plan is om gedurende hierdie maande as hulppionier te dien. Sodoende kan die gemeente vroegtydig ekstra tydskrifte bestel sodat dit in voorraad is wanneer ons dit nodig het.

6 Ons kan tydskrifte aanbied wanneer ons straatwerk doen en in sakegebied getuig. Baie broers het tydskrifroetes begin. Wanneer ons na belangstellendes teruggaan, kan ons die jongste nommers by hulle laat. Informele getuieniswerk is ook ’n uitstekende manier om ’n getuienis te gee en tydskrifte by mense te laat.

7 Onthou dat ons tydskrifte anders is. Hulle toon hoe vrede, geluk en die ewige lewe verkry kan word (Joh. 17:3). Reël dus nou om ’n groter deelname aan tydskrifverspreiding te hê wanneer die puik artikels in Die Wagtoring en Ontwaak! se nommers van April en Mei verskyn.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel