Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 5 FEBRUARIE
12 min: Plaaslike aankondigings. Reël nou om in April aan die hulppionierdiens deel te neem. Bestel ekstra tydskrifte wat jy in April en Mei nodig sal hê. Herinner gemeente aan die aanbod vir die maand.
18 min: “Nuwe publikasies help ons om ons in godvrugtige toegewydheid te oefen.” Entoesiastiese toespraak wat almal aanspoor om deeglik met die nuwe publikasies vertroud te raak. Kan een of twee gekose, kort betuigings van waardering insluit deur broers wat publikasies gelees en gebruik het.
15 min: “Sing uit die hart.” Vrae en antwoorde. Spoor almal aan om die liedere goed te leer sodat ons Jehovah hartlik kan loof met ons sang.
Lied 190 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 12 FEBRUARIE
10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Konink-ryksbediening. Spoor almal aan om hierdie naweek aan die velddiens deel te neem. Hersien artikels in die jongste tydskrifte wat met sukses in die plaaslike gebied gebruik kan word. Rekeningverslag. Lees Genootskap se erkenning van bydraes wat gedurende Januarie ontvang is. Prys broers vir bydraes ten bate van plaaslike gemeente.
15 min: “Puik tydskrifte in die vooruitsig.” Toespraak en bespreking met ’n paar vrae. Sluit enkele plaaslike ondervindings in van verkondigers wat tydskrifte in straatwerk, tydens informele getuieniswerk of op tydskrifroetes versprei.
20 min: Praktiese wenke om tydskrifte te versprei. Bespreek die volgende wenke en laat verkondigers kommentaar lewer oor die sukses wat hulle behaal het deur dit toe te pas: (1) Lees die tydskrifte en raak goed vertroud met die artikels. (2) Kies artikels wat in die gemeenskap besondere belangstelling sal wek. (3) Probeer aandgetuieniswerk met tydskrifte. (4) Praat oor net een onderwerp, en vestig die aandag op net een tydskrif, terwyl die ander een as ’n medetydskrif aangebied word. (5) Praat stadig, duidelik en met ’n vriendelike stemtoon. Spoor almal aan om hierdie praktiese wenke toe te pas terwyl hulle probeer om tydskrifte in die plaaslike gebied te versprei.
Lied 6 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 19 FEBRUARIE
8 min: Plaaslike aankondigings, en meld reëlings vir die naweek se velddiens.
7 min: Die voordele van ’n gereelde gesinsbybelstudie. Toespraak. Jehovah se organisasie moedig gesinshoofde reeds dekades lank aan om ’n gereelde Bybelstudie met hulle gesinne te hou. Wanneer dit gedoen is, was daar baie voordele. So ’n studie het ’n gees van liefde en vrede in die gesinskring help skep. Kinders het vooruitgang gemaak sodat hulle toegewyde knegte van Jehovah geword het, ’n positiewe invloed op die plaaslike gemeente uitgeoefen het en dikwels die voltydse diens betree het. Dit het Christenouers en ander wat hulle vooruitgang gesien het groot vreugde verskaf.
17 min: Bereik jongmense se hart. Ouere man bespreek kortliks punte uit publikasies wat geskryf is om jongmense te help. Benewens die gereelde gesinstudie sal gesinslede ook voordeel trek uit geestelike besprekings as die geleentheid hom voordoen. Demonstreer ’n gesinsbespreking wat gelei word deur vader wat ’n innige verhouding met kinders het. Hulle bespreking bestaan uit informele gedagtewisseling, nie ’n vraag-en-antwoordsessie nie. Een kind in die gesin het gevra of hy met ander kinders in die buurt kan speel. Bespreek inligting op bladsye 64-7 van die Jongmense vra-boek. Ouer vra deurdringende vrae om vas te stel of die kind die betrokke skriftuurlike beginsels verstaan en daarmee saamstem. Beklemtoon dat goeie vriende nie noodwendig ewe oud hoef te wees nie. Laat jongmense wat dele van die boek gelees het kommentaar lewer daaroor. Laat hulle toon waarom inligting nuttig is. Moedig jongmense aan om die boek te lees, en beklemtoon hoe belangrik dit is dat ouers goed vertroud raak met die inhoud sodat hulle gepaste punte in gesinsbesprekings kan insluit.
13 min: Ouere man voer onderhoud met ouers wat reeds sukses behaal het om kinders in die waarheid groot te maak of tans sukses daarmee behaal. Beklemtoon die vreugde wat hulle gesmaak het en wat hulle nuttig gevind het om gereeld ’n betekenisvolle gesinstudie en -besprekings te hou. Doen ’n bemoedigende beroep op ouers om hulle gesinstudie gereeld te hou en op jongmense om saam te werk. Omstandighede sal nie altyd ideaal wees nie. Almal in die gesin moet saamwerk. As hulle dit doen, kan hulle mekaar help om op die weg na die lewe te bly.—1 Tim. 4:16.
Lied 123 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 26 FEBRUARIE
5 min: Plaaslike aankondigings. Moedig almal aan om genoeg God se woord-boeke te kry en ’n volle aandeel daaraan te hê om die nuwe boek hierdie naweek in die velddiens aan te bied.
22 min: “Bied die goeie nuus aan—met die God se woord-boek.” Vrae en antwoorde. Wanneer paragraaf 4 bespreek word, moet ’n ervare verkondiger die aanbod in die huis-tot-huis-werk demonstreer. Gebruik paragrawe 2 en 4 in hoofstuk 1 en beklemtoon hoe ons met die huisbewoner kan redeneer. As paragraaf 5 van die artikel bespreek word, moet ’n pionier demonstreer hoe die inleidingsparagraaf op bladsy 5 gebruik kan word om die boek in sakegebied of tydens straatwerk aan te bied.
18 min: “Toon vertroue in Jehovah deur as pionier te dien.” Hartlike, entoesiastiese vraag-en-antwoorddekking deur diensopsiener. Voer onderhoud met een of twee pioniers en beklemtoon die vreugdes wat hulle gesmaak het toe hulle probleme te bowe gekom het. Vertel wat plaaslik gedoen word om praktiese hulp aan die pioniers te verleen.
Lied 14 en slotgebed.