Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/90 bl. 2
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Rooster vir nuwe gemeentelike vergadering
    Ons Koninkryksbediening—2008
  • Ondersteun die kringopsiener se besoek
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Voorsiening vir pioniers
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Opsieners wat as herders oor die kudde toesig hou
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1990
km 5/90 bl. 2

Vraebus

● Watter vorm moet die spesiale vergadering, waarvan die Gemeentelike Boekstudie deel uitmaak, gedurende die week van die kringopsiener se besoek aanneem?

Tydens die kringopsiener se besoek word daar gereël dat die hele gemeente by die Koninkryksaal byeenkom vir ’n spesiale vergadering wat die Gemeentelike Boekstudie, ’n bespreking van skriftuurlike en organisatoriese informasie met die titel “Bly by wat julle geleer het” en ’n dienstoespraak deur die kringopsiener insluit. Hierdie vergadering moet verkieslik op Donderdag- of Vrydagaand gehou word.

Die vergadering begin met lied en gebed, en daarna hou een van die ouere manne ’n Gemeentelike Boekstudie van 45 minute. Hy moet al die informasie vir die week probeer dek, asook al die paragrawe laat lees, net soos dit gewoonlik by die gereelde weeklikse studie gedoen word. Na die Gemeentelike Boekstudie word nog ’n Koninkrykslied gesing. Die kringopsiener gebruik dan 30 minute vir die deel “Bly by wat julle geleer het”. Daarna hou hy ’n dienstoespraak van 30 minute wat spesifiek aangepas is by die behoeftes van die gemeente wat hy dien. Die dienstoespraak bevat gepaste lof en raad wat daarop gemik is om die broers op te bou en aan te moedig om standvastig in die Koninkryksdiens te bly.

Die vergadering word met lied en gebed afgesluit. Al die liedere wat gesing word, moet deur die kringopsiener gekies word. Die hele program, met inbegrip van die liedere en gebede, moet nie langer as twee uur wees nie.

Hierdie reëling, wat in 1977 ingestel is, het baie daartoe bygedra om die besoek van die kringopsiener ’n spesiale geleentheid te maak wat vreugde en voordeel inhou vir die hele gemeente en die individuele verkondigers wat hierdie puik voorsiening van Jehovah se organisasie bywoon en daaraan deelneem.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel