Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 7 MEI
10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Meld reëlings vir groepgetuieniswerk gedurende die week en naweek.
20 min: “Deel geestelike skatte met ander.” Vraag-en-antwoordbespreking. Spoor almal hartlik aan om geestelik milddadig te gee. As die tyd dit toelaat, kan verkondigers gekose ondervindinge vertel oor die verkryging van Wagtoring- en Ontwaak!-intekeninge.
15 min: Plaaslike behoeftes. Kan verslag oor spesiale bedrywigheid en aantal hulppioniers tydens April insluit.
Lied 19 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 14 MEI
8 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag. Sluit enige erkenning van bydraes in. Prys gemeente hartlik vir hulle geldelike ondersteuning ten bate van Koninkryksbelange.
15 min: “Wat is jou gewoonte?” Vraag-en-antwoordbespreking. Beklemtoon waardering vir vergaderinge en hoe belangrik dit is om die gewoonte te vermy om van vergaderinge weg te bly. Broer wat hierdie deel behartig, kan informasie insluit oor hoe plaaslike gemeente met vergaderingbywoning vaar.
22 min: “Stel Koninkryksbelange eerste.” Vraag-en-antwoorddekking deur bekwame ouere man.
Lied 65 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 21 MEI
5 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek kortliks een of twee gesprekspunte in die jongste tydskrifte. Meld plaaslike reëlings vir velddiens op 31 Mei.
18 min: “Bied die goeie nuus aan—deur Bybelstudies.” Vraag-en-antwoorddekking. Prys verkondigers wat studies hou en moedig diegene wat nie studies het nie vriendelik aan om na te dink oor wat hulle kan doen om die situasie te verbeter. Demonstreer kortliks die voorstelle in paragraaf 4 en 5.
12 min: “Stel die egtheid van julle liefde op die proef.” Toespraak deur ouere man gebaseer op artikel wat op bladsy 24 van Die Wagtoring van 1 Desember 1989 begin. Betuig waardering vir gemeente se vrygewigheid ter ondersteuning van Koninkrykswerk wat plaaslik en wêreldwyd gedoen word.
10 min: Glanspunte uit die 1990 Yearbook. Goed voorbereide toespraak oor inleidende inligting in 1990 Yearbook. Beklemtoon besondere prestasies wat Jehovah se volk as gevolg van Jehovah se seën op hulle ywerige diens behaal het. Na gelang van tyd kan van die bemoedigende ondervindinge in die jaarboek vertel word. Verslae van ons broers in alle wêrelddele moet ons almal beweeg om ons ten volle in Jehovah se diens in te span.
Lied 127 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 28 MEI
15 min: Plaaslike aankondigings en Vraebus. Ouere man en twee of drie bekwame verkondigers bespreek die Jongmense vra-boek. Beklemtoon kortliks die tien afdelings van die boek. Bespreek gekose hoofstukke. Almal moet voorberei om boek in velddiens te gebruik.
15 min: “Getuig vir die waarheid.” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel. Voer onderhoud met verkondigers wat hulle sake so kon reël dat hulle aan die hulppionierdiens kon deelneem.
15 min: “Wen die stryd teen depressie.” Toespraak deur ouere man gebaseer op artikel in Die Wagtoring van 1 Maart 1990, bladsy 5-9. Lei toespraak in deur die aandag op die oorsake van ernstige depressie te vestig wat op bladsy 4 gemeld word. Hierdie inligting moet met medelye en begrip aangebied word. Moedig broers aan om voordeel uit die inligting te trek en dit met ander te bespreek.
Lied 30 en slotgebed.