Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/90 bl. 8
  • Word heilig in jul hele lewenswandel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Word heilig in jul hele lewenswandel
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • “Heilig, heilig, heilig is Jehovah”
    Kom nader aan Jehovah
  • “Ek, Jehovah julle God, is heilig”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • “Julle moet heilig wees”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan(Studie-uitgawe) — 2021
  • ‘Word self ook in julle hele gedrag heilig’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1990
km 8/90 bl. 8

Word heilig in jul hele lewenswandel

1 Net soos in die verlede is heiligheid ’n goddelike vereiste vir God se hedendaagse knegte. Daar is dus ’n dringende behoefte dat elkeen van ons nie net duidelik moet verstaan wat heiligheid is nie, maar ook hoe en waarom dit ’n kenmerk van ons aanbidding van Jehovah moet wees. Met dié doel sal die tema “Word heilig in jul hele lewenswandel” op die spesiale byeenkomsdagprogram vir die 1991-diensjaar bespreek word.—1 Pet. 1:15.

2 Aangesien Jehovah se regverdige beginsels en wette van hom as die Heilige God af kom, is ons regverdige posisie ’n duidelike bewys van ons hegte, persoonlike verhouding met hom. Gevolglik sal daar ’n aantal maniere hoe ons ons verhouding met God kan verbeter op die program bespreek word. Dit behels gehoorsaamheid aan sy heilige standaarde, selfs in dinge wat ons dalk as gering beskou (Luk. 16:10). Ons sal gehelp word om meer waardering vir Jehovah se heilige vereistes aan te kweek en sal herinner word waarom dit in alle opsigte ons denkvermoë, houding en weë moet beïnvloed.

3 Twee belangrike toesprake wat gehou sal word, is “Onderwerp jou aan progressiewe reiniging” en “Uitbreiding in die bedrywighede van Jehovah se heilige volk”. Terwyl opwindende wêreldgebeure daagliks die dringendheid van ons tye by ons inskerp, sal die spesiale byeenkomsdagprogram vir die nuwe diensjaar ons beweeg om voortdurend op Jehovah te vertrou vir leiding en om daarna te streef om deur ons heilige gedrag vir hom welgevallig te wees.—1 Pet. 1:14, 16.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel