Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/91 bl. 1-2
  • Maak vordering in die bediening

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Maak vordering in die bediening
  • Ons Koninkryksbediening—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • VRIENDE OM JOU TE HELP
  • GAAN TERUG NA WAAR BELANGSTELLING GETOON IS
  • STEL EN BEREIK DOELWITTE
  • Toon persoonlike belangstelling—Deur voorbereid te wees
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Positiewe stappe tot verdere vooruitgang
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Wees ’n progressiewe bedienaar
    Ons Koninkryksbediening—2008
  • Help nuwe verkondigers
    Ons Koninkryksbediening—1988
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1991
km 3/91 bl. 1-2

Maak vordering in die bediening

1 Daar is ’n ou spreuk oor vordering wat sê: “Begin waar jy is. Maar moenie bly waar jy is nie.” Hoe gepas is daardie spreuk tog wat vordering in die bediening betref! Toe jy in die bediening begin het, het jy dalk net ’n kort aanbieding van die Koninkryksboodskap gedoen. Maar wat kan jy doen as ’n paar jaar reeds verstryk het en jy nie verby daardie stadium gevorder het nie, as jy gebly het waar jy is?

2 Die eerste stap is om te vra dat Jehovah jou die nodige wysheid gee sodat jy bekwaam kan onderrig (Spr. 15:14; Jak. 1:5). Die tweede stap is om in ooreenstemming met jou gebed op te tree. Sit tyd opsy om deur die aanbiedings van die Redenering-boek te kyk. Kry een wat jy meen jy goed kan gebruik, en oefen die aanbieding oor en oor totdat jy dit duidelik onthou. Die derde stap is om saam met jou broers in die veld uit te gaan sodat jy die aanbieding kan doen wat jy voorberei het.

VRIENDE OM JOU TE HELP

3 Jy sê dalk: ‘Dit is maklik om te praat.’ Dit is waar, maar dit is waarom jy vriende het wat jou kan help. As jy jonk is, kan jy met jou ouers of met bekwame verkondigers praat wat produktiewe bedienaars is. Vra hulle om wenke oor hoe om by die deure met mense te praat. Hulle stel dalk oefensessies voor waar jy jou aanbieding kan probeer. Hulle kan die huisbewoner wees en algemene besware opper wat ons by die deure teëkom. As jy oefen, kan jy leer om op bekwame wyse met mense te praat.

4 Jy het ander vriende wat jou kan help. Daar is pioniers wat onderrigtegnieke geleer het deur ondervinding en deur die Pionierdiensskool by te woon. Jou boekstudiehouer of die diensopsiener sal ook dalk saam met jou van huis tot huis kan werk en verder kan toon hoe om met mense te praat en te redeneer.

GAAN TERUG NA WAAR BELANGSTELLING GETOON IS

5 Ons stel daarin belang om verdere geestelike hulp aan mense te gee wat ons lektuur aanvaar. Dit beteken dat ons moet teruggaan om belangstelling verder te prikkel. Voordat jy die herbesoek doen, moet jy hersien wat jy tydens die eerste besoek gesê het sodat jy die onderwerp wat hulle belangstelling gewek het beter kan ontwikkel. Ons moet ook onthou dat, hoewel ons plant en natmaak, Jehovah dit laat groei. Vra sy leiding voordat jy die besoek doen (1 Kor. 3:6; 2 Kor. 9:10). Terwyl ons ander help om te leer, maak ons self ook vordering.

6 Die volgende belangrike stap is om ’n Bybelstudie te begin en te hou. As jy nog nie daardie stadium in jou ontwikkeling as bedienaar bereik het nie, moet jy aanhou om Jehovah in gebed te nader en hom te vra dat hy jou help om ’n skaapgeaarde persoon te vind en te voed. Jy sal dit dalk nuttig vind om te kyk hoe ’n bekwame onderrigter ’n Bybelstudie hou en om dan sy onderrigmetodes te volg. Hersien ook informasie oor onderrigting soos dié wat in Die Wagtoring van 1 Augustus 1984, bladsye 8-17, is. As jy jou so voorberei, sal jy gereed wees om ’n studie te hou wanneer jou gebede verhoor word.

STEL EN BEREIK DOELWITTE

7 Dit kos tyd om doelwitte te bereik, soos om beter te onderrig, herbesoeke te doen en studies te hou. Kan jy vir jou ’n ander doelwit stel, naamlik om ’n gewone of hulppionier te wees? Terwyl jy aanhou om in die bediening vordering te maak, kan jy vir ander ’n bron van bemoediging wees. Jy kan baie seëninge van Jehovah ontvang as jy nie bly waar jy is nie, maar stelselmatig vordering maak.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel