Ons moet ons eie pak van verantwoordelikheid dra
1 Die gedagte aan verantwoordelikheid is vandag vir mense blykbaar ’n las. Baie probeer dit ontduik. Gevolglik verlaat mans hulle vrouens, gee moeders hulle kinders weg, verlaat jongmense die skool te vroeg en ontduik landsburgers belastings. Die lys van onverantwoordelike dade hou nie op nie. ’n Verantwoordelike persoon is iemand wat vertrou kan word en wat vir sy optrede wil en kan verantwoording doen. Daarom sê God se Woord duidelik van Christene dat ‘elkeen sy eie pak sal dra’ (Gal. 6:5). Hoe gepas is die kringbyeenkomstema vir die 1992-diensjaar tog: “Ons moet ons eie pak van verantwoordelikheid dra”! Hierdie reeks sal in September begin. Ons moet almal ons sake so reël dat ons dit kan bywoon.
2 Hierdie goeie byeenkomsprogram sal deur middel van toesprake, demonstrasies, ondervindinge en onderhoude duidelik toon wat die verskillende verantwoordelikhede is wat ons almal as Christene het. Daar sal Saterdagmiddag ’n vierdelige simposium wees wat verduidelik hoe ons almal met vreugde ons verantwoordelikhede kan nakom. Ons jongmense het ’n verantwoordelikheid om te dra, en die toespraak deur die kringopsiener Saterdagmiddag sal veral op hulle gerig wees. Daar sal Saterdag ook ’n geleentheid wees vir pas toegewydes om hulle te laat doop. Almal wat van plan is om by die kringbyeenkoms gedoop te word, moet die presiderende opsiener lank voor die tyd in kennis stel sodat voorbereidsels daarvoor getref kan word.
3 Nog ’n vierdelige simposium sal Sondagoggend aandag gee aan ons Christelike verantwoordelikheid om te preek. Dan, op Sondagmiddag, sal die openbare toespraak “God se nuwe wêreld—Wie sal daar kan ingaan?” deur die streekopsiener gehou word. Wees wakker om alle nuwe belangstellendes te nooi om hierdie toespraak te hoor.
4 Ons sal almal graag ons sake so wil reël dat ons teenwoordig kan wees en ten volle by hierdie uitstekende tweedaagse program baat kan vind. Julle kringopsiener sal julle in kennis stel van die plek en die datum van julle gemeente se byeenkoms.