Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/90 bl. 3-4
  • Bly wakker en bewaar julle sinne

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bly wakker en bewaar julle sinne
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Nuwe Kringbyeenkomsprogram
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Ons moet ons eie pak van verantwoordelikheid dra
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Let voortdurend op hoe julle wandel
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Die nuwe kringbyeenkomsprogram
    Ons Koninkryksbediening—1998
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1990
km 7/90 bl. 3-4

Bly wakker en bewaar julle sinne

1 Met die oog op die immer veranderende wêreldtoneel is dit gepas dat die kringbyeenkomstema vir die 1991-diensjaar “Bly wakker en bewaar julle sinne” is (1 Thess. 5:6, NW). Hierdie reeks sal in September begin. Ons almal moet reëlings tref om daar te wees sodra ons kringopsiener ons van die datum in kennis gestel het.

2 Een van die programglanspunte sal ’n simposium van vier dele wees wat daarop gemik is om ons te help om ‘ons sinne in alle dinge te bewaar’ (2 Tim. 4:5, NW). Hoe kan ons Satan se strikke nou met welslae vermy en die gees van die wêreld weerstaan ten spyte van die feit dat ons dalk ’n onverstandige verlede het? Sorg dat jy daar is om hierdie lewensbelangrike informasie in te neem. Tydens die hele tweedaagse byeenkoms sal die aandag gevestig word op die praktiese raad in die publikasie Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk. Dit sal goed wees as jy jou eksemplaar saambring. Veral jongmense moet spesiale aandag skenk aan die informasie wat die kringopsiener die Saterdag tot hulle gaan rig. Daar sal soos gewoonlik Saterdag geleentheid vir doop wees, en daarom moet diegene wat hulle toewyding by die kringbyeenkoms wil simboliseer die presiderende opsiener vroegtydig laat weet.

3 Sondagoggend sal ons nuttige lesse kry deur ’n reeks demonstrasies wat sal toon hoe teëspoed, asook ons eie foute, ons tot voordeel kan strek. Die middag sal die streekopsiener ’n openbare toespraak hou oor die onderwerp “Tree verstandig op in ’n onverstandige wêreld”. Alle Koninkryksverkondigers en belangstellendes moet hulle bes doen om teenwoordig te wees.

4 Aangesien die lewensdruk toeneem, glo ons dat almal by hierdie informasie baat sal vind en daardeur verkwik sal word, aangesien dit voorberei is om ons aan te spoor. Ons sal sien hoe ons selfs meer kan let op ons eie geestelike behoeftes en dié van ons gesinne en ander in die gemeente. Neem jou voor om die hele kringbyeenkoms by te woon en aandagtig na die hele program te luister, “want ons redding is nou nader as toe ons gelowiges geword het”.—Rom. 13:11, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel