Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/91 bl. 1-3
  • Deel 3—Help ander om vooruitgang te maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Deel 3—Help ander om vooruitgang te maak
  • Ons Koninkryksbediening—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om nuwelinge op te lei om te preek
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • Verbeter jou vaardighede in die bediening—Lei nuwelinge op
    Ons Koninkryksbediening—2015
  • Leer by meer ervare verkondigers
    Ons Koninkryksbediening—2015
  • Verbeter jou vaardighede in die bediening—Hoe om ’n ondersteunende velddiensmaat te wees
    Ons Koninkryksbediening—2014
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1991
km 9/91 bl. 1-3

Wees heelhartig in die veldbediening

Deel 3—Help ander om vooruitgang te maak

1 Die verhouding tussen die ouer broer Paulus en die toegewyde jong man Timotheüs is al dikwels gebruik as ’n goeie voorbeeld van opleiding in die bediening (1 Kor. 4:17). Paulus het Timotheüs beveel om aan ander dieselfde kennis en opleiding te gee as wat hy ontvang het (2 Tim. 2:1, 2). Dit is goed as ons vandag dieselfde prosedure in die gemeente volg.

2 Lei ander op: Die behoefte aan oplei- ding is duidelik wanneer ons besef dat daar vandag sowat 8000 meer verkondigers in Suid-Afrika is as wat daar drie jaar gelede was. Die meeste van hulle sal heel waarskynlik baat vind by die opleiding wat ervare verkondigers kan gee. Een suster wat gewoonlik net een of twee uur per maand aan die velddiens bestee het, het geleer om doeltreffend by die deure te praat toe ’n ervare verkondiger haar gehelp het. Haar vroeëre huiwerigheid om aan die bediening deel te neem, het verdwyn, en sy het ’n ywerige verkondiger van die goeie nuus geword. Noudat sy ’n bekwame pionier is, kyk sy terug en sê: “Al wat ek nodig gehad het, was dat iemand my leer wat om te sê, en toe het ek die bediening begin geniet.”

3 Hoe kan jy tot die vooruitgang van ander bydra as jy ’n ouere man, ’n bedieningskneg, ’n pionier of ’n ervare verkondiger is? Die eerste stap sal wees om vir jou Gemeentelike Boekstudiehouer te sê dat jy ’n ander verkondiger wil help.

4 Wees georganiseer en voorberei: Dit help as ’n mens ’n definitiewe afspraak het om saam met iemand te werk. Jou metgesel is dalk aan die begin senuweeagtig of nie seker van sy saak nie, maar hy sal dit waardeer as iemand saam met hom werk om hom te help wanneer dit nodig is (Pred. 4:9). Kies ’n gebied, indien moontlik, waar daar ’n goeie kans is dat julle mense sal vind wat bereid is om oor Bybelonderwerpe te gesels. Dit sal die nuweling help om by die gesprek betrokke te raak en sodoende selfvertroue te verkry.

5 As jy die progressiewe opleiding wil voortsit, sal dit nuttig wees om te bespreek hoe ’n herbesoek op belangstellendes gedoen kan word. Dit vereis dat die grondslag tydens die eerste besoek gelê word deur die huisbewoner ’n vraag te vra wat jy sal antwoord wanneer jy terugkeer. Maak seker dat jy die minder ervare verkondiger help om voor te berei, en gaan dan saam met hom na die besoek. Indien ’n studie begin word en die nuweling nog ietwat onseker oor sy eie vermoë is, kan die meer ervare verkondiger die studie ’n paar keer hou totdat die nuweling bekwaam genoeg is om oor te neem.

6 Die feit dat nuwelinge vinnig in die organisasie instroom, toon duidelik hoe verstandig dit is om intensiewe opleiding in die veldbediening te gee. Hulp is nodig van diegene wat hulle vaardighede in die predikingsbedrywigheid ontwikkel het. As jy iemand kan help, sal hy mettertyd ook ‘bekwaam genoeg wees om ander te leer’.—2 Tim. 2:2.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel