Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/91 bl. 1
  • Bly besig in Jehovah se diens

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bly besig in Jehovah se diens
  • Ons Koninkryksbediening—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Voer jy jou bediening ten volle uit?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
  • Brei jou skat van Koninkryksdiensuit
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • Maniere om jou bediening uit te brei
    Ons Koninkryksbediening—1999
  • Pionierdiens—Is dit vir jou?
    Ons Koninkryksbediening—1998
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1991
km 12/91 bl. 1

Bly besig in Jehovah se diens

1 Ons is voorwaar bevoorreg om Jehovah te dien. Noudat ons juiste kennis oor hom en sy eniggebore Seun, Jesus, ingeneem het, word ons deur liefde beweeg om ’n volle aandeel te hê in die uitvoering van sy wil (Joh. 17:3). Ons word dalk moeg, maar Jehovah gee ons krag sodat ons ten volle versterk kan word.—Jes. 40:29.

2 Wat is die beste manier waarop ons ons waardering kan toon vir die groot liefde wat Jehovah God en Jesus Christus teenoor ons geopenbaar het? (2 Kor. 5:14, 15). Een van die vernaamste maniere is om Jesus na te volg, wat onvermoeid van sy Vader se naam en Koninkryk getuig het (1 Pet. 2:21). As ons ’n sterk geloof het, sal die godgegewe werk om die goeie nuus te verkondig die spil wees waarom ons lewe draai.—Matt. 24:14.

3 Is daar ’n minimum vir die tyd wat ons aan die veldbediening moet bestee? Omstandighede verskil. Ons word moontlik deur ’n hoë ouderdom, swak gesondheid of gesinsverantwoordelikhede beperk. Maar daar word van ons almal verwag om heelhartig in ons diens aan Jehovah te wees. Dit beteken dat ons die hartgrondigheid van ons toegewydheid en die opregtheid van ons toewyding op ’n persoonlike grondslag toon deur ons uiterste bes in die bediening te doen (2 Tim. 2:15, NW). Ons kan almal volgens ons persoonlike omstandighede geleenthede benut om dit te doen. Wat is sommige van hierdie geleenthede?

4 Maniere waarop ons ons bediening kan uitbrei: Ons moet eers probeer om die gehalte van ons bediening te verbeter. Ons kan dit doen deur bekwamer onderrigters te word. Een van die hoofdoelwitte van die Teokratiese Bedieningskool is om ons te help om doeltreffender in die veldbediening te wees. Hou ons die velddiens in gedagte wanneer ons ons toesprake voorberei? Pas ons die raad toe wat ons ontvang sodat ons ons persoonlike bediening kan verbeter? (sgAF bl. 96-9). Talle wenke vir die veldbediening word eweneens gedurende die Diensvergadering gegee. Kom ons pas hulle so gou as moontlik toe.

5 Jy kan ook die moontlikheid oorweeg om jou omstandighede só aan te pas dat jy aan die hulp- of gewone pionierdiens kan deelneem. As jy dit doen, sal jy beslis besig bly in die diens van ons Vader, Jehovah (1 Kor. 15:58). En as jy nie aan die pionierdiens kan deelneem nie? Jy kan toon dat jy ’n pioniergees het deur ’n opregte liefde vir die bediening en ’n diep besorgheid vir die mense in die gebied aan te kweek. Jy kan ook van elke geleentheid gebruik maak om opregte mense te help om van Jehovah en sy wonderlike voornemens te leer deur herbesoeke te doen en Bybelstudies te hou.

6 Ons kan ook toon dat ons vordering maak deur gehoor te gee aan die uitnodiging om te dien waar daar meer hulp nodig is (Jes. 6:8). Diegene wat na ’n gemeente getrek het waar hulle ouere manne en bedieningsknegte nodig gehad het of hulp nodig gehad het om hulle gebied te dek, het beslis baie seëninge ontvang.

7 Toe ons die waarheid vir die eerste keer geleer het, het liefde vir Jehovah en Christus Jesus ons beweeg om groot veranderinge in ons lewe aan te bring. Is daar ander aanpassings wat ons kan maak om ons bediening uit te brei noudat ons groter waardering het vir ons verhouding met ons hemelse Vader en vir wat sy Seun vir ons gedoen het? Laat ons almal ons bes doen deur besig te bly in Jehovah se diens.—Rom. 12:11.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel