Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/94 bl. 1
  • Brei jou skat van Koninkryksdiensuit

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Brei jou skat van Koninkryksdiensuit
  • Ons Koninkryksbediening—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Wil jy graag meer doen?
    Ons Koninkryksbediening—2001
  • Maniere om jou bediening uit te brei
    Ons Koninkryksbediening—1999
  • Kan jy jou diens uitbrei?
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Bly besig in Jehovah se diens
    Ons Koninkryksbediening—1991
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1994
km 9/94 bl. 1

Brei jou skat van Koninkryksdiensuit

1 Jesus het die Koninkrykshoop met ’n kosbare skat vergelyk (Matt. 13:44-46). Is ons soos die mans in Jesus se illustrasies wat al hulle besittings verkoop het om iets van groter waarde te koop? Indien wel, sal God se Koninkryk vir ons van die allergrootste belang wees, al behels dit ongerief en selfverloëning.—Matt. 6:19-22.

2 Aangesien ons Koninkryksdiens ’n skat is, moet dit ons begeerte wees om dit uit te brei. Wat toon ons persoonlike lewensweg? Brei ons ons Koninkryksbedrywighede uit? Ons kan dit doen deur aan verskeie aspekte van die bediening deel te neem, waaronder huis-tot-huis-werk, herbesoeke, Bybelstudies en informele getuieniswerk.

3 ‘Hoe kan ek my deelname uitbrei?’ Aangesien dit die begin van ’n nuwe diensjaar is, is dit goed dat elkeen sy persoonlike bedrywighede hersien om te kyk wat hy kan doen om meer tyd aan die veldbediening te bestee, en hy kan dus vra: ‘Kan ek my sake so reël dat ek van tyd tot tyd of selfs op ’n gereelde grondslag as ’n hulppionier kan dien? Kan ek, deur ’n paar aanpassings te maak, die gewone pionierdiens betree?’ Nuwe pioniers wat die pionierdiens voor 1September betree, kwalifiseer om volgende jaar die Pionierdiensskool by te woon.

4 Party verkondigers het ’n persoonlike doelwit gestel om meer informele getuieniswerk te doen. Hierdie vorm van die getuieniswerk lewer dikwels uitstekende resultate. Ander meen egter dat hulle doeltreffender herbesoeke moet probeer doen of nuwe Bybelstudies begin.

5 Wat kan ons doen om ons bediening uit te brei indien ons tot die gevolgtrekking kom dat ons in die een of ander opsig te kort skiet? Diegene wat met welslae hoër doelwitte bereik het, beveel aan dat ons eerstens vasbeslote moet wees om Koninkryksbelange eerste te stel, ongeag die koste (Matt. 6:33). Geloof en algehele vertroue op Jehovah is nodig (2 Kor. 4:7). Vra sy hulp deur openhartige en volgehoue gebed (Luk. 11:8,9, NW). Ons kan daarvan seker wees dat Jehovah ons opregte pogings sal seën om ons deelname aan sy diens uit te brei.—1 Joh. 5:14.

6 Gesels met ander broers en susters wat hulle bediening met welslae uitgebrei het. Vra hulle hoe hulle struikelblokke kon oorkom sonder om ontmoedig te word. Hulle persoonlike ondervindinge is dalk net wat nodig is om jou te oortuig dat ’n uitgebreide bediening nie iets onbereikbaars is nie.

7 Wanneer jy artikels oor velddiens in Die Wagtoring of Ons Koninkryksbediening lees, moet jy biddend oorweeg hoe jy die wenke in jou bediening kan toepas. Jy moet dieselfde doen wanneer jy gemeentelike vergaderinge of byeenkomste bywoon. Die wenke in hierdie artikel is gebaseer op ’n bespreking wat verlede jaar deel van die kringbyeenkomsprogram uitgemaak het. Dit is die eerste in ’n reeks artikels om ons te help om die aanmoediging in daardie program deur te voer en toe te pas.

8 Jesus het sy bediening baie ernstig opgeneem en dit was vir hom van die grootste belang. Hy het gesê: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het” (Joh. 4:34). Voel ons dieselfde? Indien wel, sal ons beslis maniere vind om ons bedrywighede uit te brei en “goeie dinge” uit ons skatkis aan ander te vertel.—Matt. 12:35; Luk. 6:45.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel