Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/92 bl. 1
  • Laat almal hoor dat wêreldveiligheid ophande is

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Laat almal hoor dat wêreldveiligheid ophande is
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Ware vrede en veiligheid
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Verkondig ware vrede en veiligheid
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Preek met insig
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Vrede en veiligheid —’n betroubare hoop
    Ons Koninkryksbediening—1986
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1992
km 1/92 bl. 1

Laat almal hoor dat wêreldveiligheid ophande is

1 Die “Vredevors” gaan binnekort ware vrede en veiligheid wêreldwyd tot stand bring. Ons geloof in hierdie Bybelbelofte moet ons beweeg om dit vir ander te vertel (Jes. 9:5, 6; Miga 4:3, 4). Ons gaan gedurende Januarie en Februarie die boek Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind? aanbied.

2 Op bladsy 4 van hierdie Koninkryksbediening het ons verskeie inleidings aan die hand gegee wat jy gedurende Januarie in die bediening kan gebruik. In die volgende paar paragrawe word daar drie oorgangspunte voorgestel wat nuttig kan wees om huisbewoners se aandag op die Ware vrede-boek te vestig.

3 Oorgangspunt nr. 1: Blaai na bladsy 7 nadat jy Jesaja 9:5, 6 gelees het en lees paragraaf 9. Vra die huisbewoner dan: “Glo jy dit? Dink jy dat God ooit sy belofte sal vervul om ’n einde aan goddeloosheid te maak?” Laat die huisbewoner antwoord, en gaan dan voort: “Hierdie boek toon duidelik wat ons enigste hoop vir ware vrede en veiligheid is en bespreek hoe die ‘Vredevors’ in ons dag wêreldvrede na die aarde gaan bring. Stel jy daarin belang om dit te lees, en wil jy graag meer oor die beloofde nuwe wêreld leer?”

4 Oorgangspunt nr. 2: Blaai na bladsy 98 nadat jy Miga 4:3, 4 gelees het, en vra die huisbewoner: “Watter vreedsame toestande sien jy in hierdie illustrasie?” Laat die huisbewoner antwoord, en gaan dan voort deur te sê: “Daar is vrede onder die mense en vrede tussen mens en dier. Party mense dink dat menseregerings sulke vrede sal bring. Maar ware vrede en veiligheid wat in die Bybel voorspel word, moet van God kom en nie van die mens nie. Stem jy nie saam nie?” Laat die huisbewoner antwoord, en lees dan paragraaf 16 op bladsy 100, en verduidelik dat hierdie boek talle vrae oor die Koninkryk en oor vrede op aarde beantwoord. Verduidelik dan aan die huisbewoner dat jy die boek graag by hom wil laat teen ’n bydrae van R2,60.

5 Oorgangspunt nr. 3: In dele waar mense jou gewoonlik in die rede val en jou nie toelaat om jou aanbieding te voltooi nie, kan jy hierdie benadering probeer: “Mag ek jou ’n vraag vra?” As die huisbewoner ja sê, kan jy sê: “Jesus het ons geleer om te bid dat God se Koninkryk moet kom en dat sy wil ook op die aarde moet geskied, net soos in die hemel. Dink jy dat hierdie gebed ooit verhoor sal word sodat God se wil werklik hier op die aarde sal geskied? Wat is jou mening hieroor?” Laat die huisbewoner antwoord, en sê dan: “Die Bybel se antwoord op daardie vraag word hier op bladsy 95 gevind.” Lees dan paragraaf 5 op bladsy 95, en toon hoe die tekste wat in hierdie boek aangehaal word daardie vraag en baie ander oor wêreldvrede en -veiligheid beantwoord.

6 Jy het moontlik ’n inleiding op bladsy 4 van Ons Koninkryksbediening gekies waarvan jy hou. Nadat jy die oorgangspunte in hierdie artikel hersien het, sal jy moontlik een vind waarvan jy veral hou en graag sal wil gebruik. Sonder tyd af om jou inleiding en oorgangspunt te oefen voordat jy in die velddiens uitgaan. Jou voorbereiding en jou persoonlike oortuiging dat ware vrede en veiligheid deur die “Vredevors” en sy Koninkryk tot stand gebring gaan word, sal jou die Ware vrede-boek met groter oortuiging en geesdrif laat aanbied.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel