Teokratiese nuus
Ethiopië: Daar was ’n nuwe hoogtepunt van 3185 verkondigers vir Desember. Meer as 7000 het hulle eerste streekbyeenkoms in Addis Ababa bygewoon en 328 is gedoop.
Haïti: ’n Nuwe hoogtepunt van 7248 verkondigers het in Desember gerapporteer. Gemeentelike verkondigers het gemiddeld 15,2 uur aan die bediening bestee, en daar was nuwe hoogtepunte in herbesoeke en Bybelstudies.
Kongo: Ons is bly om te berig dat die werk van Jehovah se Getuies gedurende November 1991 wetlike erkenning in die Volksrepubliek Kongo gekry het.
Peru: Die totaal van 39 104 verkondigers wat in Desember gerapporteer het, verteenwoordig ’n vermeerdering van 12 persent teenoor dieselfde maand ’n jaar gelede. Dit is uitsonderlik dat die 8842 pioniers 23 persent van die totale aantal verkondigers uitmaak.
Suid-Afrika: Die gemeente Seshego-Zone 1 in Noord-Transvaal was verheug om hulle nuwe Koninkryksaal op 28 Maart 1992 toe te wy. Die Kimberley-Sentraalgemeente het dieselfde naweek ook hulle Koninkryksaal, wat opgeknap en vergroot is, toegewy.