Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/92 bl. 4
  • Bied in Mei Die Wagtoring-intekening aan

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bied in Mei Die Wagtoring-intekening aan
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied intekeninge van huis tot huis aan
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Help ander om van God se Seun, Jesus Christus, te leer
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Hoe ons die lektuur by ons inleiding kan inskakel
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Bied intekeninge by elke geleentheidaan
    Ons Koninkryksbediening—1995
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1992
km 5/92 bl. 4

Bied in Mei Die Wagtoring-intekening aan

1 Die doel van Die Wagtoring word kortliks boaan bladsy 2 van elke nommer uiteengesit. Wat kan ons in ooreenstemming met daardie doel doen om soveel mense moontlik te help? Gedurende Mei sal ons ’n spesiale poging aanwend om soveel mense moontlik aan te spoor om op Die Wagtoring in te teken.

2 As iemand sê dat hy ’n Christen is, kan ons sê:

◼ “Ons stel ’n vraag aan ons bure en wil graag hoor wat jy daarvan dink. Aangesien Jesus ons geleer bid het dat God se Koninkryk moet kom en dat Sy wil op die aarde moet geskied net soos in die hemel, dink jy dat God se wil werklik hier op aarde sal geskied?” Laat die huisbewoner antwoord, en blaai dan na Jesaja 55:10, 11 en wys vir hom hoe al God se beloftes vervul sal word.—rsAF, bl. 11, tweede inleiding onder “Koninkryk”.

3 As die huisbewoner belangstelling toon, kan jy voortgaan deur te sê:

◼“Een van die doelwitte van Die Wagtoring is om die aandag te vestig op die vervulling van Bybelprofesie. Kyk na hierdie artikel.” Vestig sy aandag dan op die eerste artikel in Die Wagtoring van 1 Mei “1914—Die jaar wat die wêreld geskok het” en sê: “Jy wonder dalk waarom jy in 1914 moet belangstel? Let op wat paragraaf 2 omtrent 1914 en Die Wagtoring sê.” Lees dan daardie paragraaf.

4 As jy ’n langer bespreking wil hê, kan dieselfde aanbieding aangepas word om Openbaring 21:3-5 in te sluit soos die Redenering-boek toon.

In hierdie geval kan jy, nadat jy Jesaja 55:10, 11 gelees het, sê:

◼“’n Wonderlike profesie oor God se wil vir die aarde sal binnekort vervul word. Dit sal my lewe en joune raak. Luister net wat Openbaring 21:3-5 sê.” Dan kan jy die verse lees en die seëninge bespreek wat ons onder God se Koninkryksheerskappy sal ondervind. Wys die huisbewoner dat Die Wagtoring God se Koninkryksregering aankondig.

Jy kan sê:

◼ “In die nommer van 1 Mei verskyn die artikel ‘Wie sal aan die “tyd van benoudheid” ontkom?’ Dit sal jou help om te sien hoe jy in die regverdige nuwe wêreld onder God se Koninkryk kan leef waarvan ons in Openbaring 21 lees.”

5 Gebruik Die Wagtoring om ’n Bybelstudie te begin: Ons doel is om ander te help om die waarheid te leer ken sodat hulle ook medewerkers van Jehovah kan word en ’n aandeel daaraan kan hê om Jehovah se Koninkryk bekend te maak. Wanneer ons dan mense vind wat belangstel, moet ons ’n aantekening daarvan maak en sonder versuim na hulle toe teruggaan.

6 Hoewel ons ongetwyfeld die meeste van ons intekeninge van huis tot huis sal kry, moet ons nie van diegene vergeet met wie ons sake doen nie, asook ons bure en ons familie. Terwyl ons straatwerk doen, sê iemand dalk: “Ek lees altyd julle tydskrifte.” Verduidelik aan hom dat hy Die Wagtoring gereeld kan ontvang deur daarop in te teken. Het jou kinders ’n intekening? Het ons dit al oorweeg om ’n geskenkintekening aan iemand te stuur vir wie ons werklik omgee? Wat van diegene by wie ons gereeld herbesoeke doen, of selfs ons Bybelstudente? As iemand nie ’n jaarintekening kan bekostig nie, bied vir hom ’n halfjaarlikse intekening aan. As iemand die intekeningaanbod van die hand wys, kan jy vir hom die twee tydskrifte aanbied.

7 Laat ons, terwyl ons die waarheid met behulp van Die Wagtoring aan ander verkondig, altyd Jehovah se leiding in ons werk vra sodat ons skaapgeaardes kan vind en kan voed.—Joh. 21:15-17.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel