Vraebus
◼ Hoe kan die diensopsiener toesig hou oor die werk van die bedieningsknegte wat die lektuur- en tydskrifafdeling behartig?
Die diensopsiener se werk is nie net beperk tot die besoeke wat hy maandeliks aan die boekstudiegroepe doen en die reëlings in verband met die gereelde vergaderinge vir die veldbediening nie. Hierdie ywerige ouere man stel veral belang in alles wat die vooruitgang van die predikingswerk in die gemeente se toegewese gebied kan beïnvloed.
Hy sal seker maak dat daar elke maand genoeg kampanjelektuur en tydskrifte beskikbaar is en dat hulle in ’n baie goeie toestand is. Met hierdie doel voor oë hou hy toesig oor baie van die verantwoordelikhede van die bedieningsknegte wat aangewys is om die lektuur- en tydskrifafdeling te behartig.
Die diensopsiener let veral op aankondigings van komende lektuurkampanjes wanneer hulle in Ons Koninkryksbediening verskyn. Hy en die broer wat na die lektuur omsien, moet goed saamwerk om te verseker dat genoeg lektuur beskikbaar is, maar hulle moet versigtig wees om nie te veel te bestel nie. As ’n publikasie vir die eerste keer in die veld gebruik gaan word of as dit binnekort in die gemeente bestudeer gaan word, sal hierdie faktore in ag geneem word wanneer ’n bestelling by die Genootskap geplaas word. As die lektuur voorheen aangebied is, sal die gemeente se velddiensrapport vir die vorige kampanje ’n aanduiding wees van hoeveel voorraad voldoende sal wees. Natuurlik moet oorweging gegee word aan faktore soos die aantal verkondigers wat as hulppioniers vir die maand sal dien, sowel as die toename in die aantal verkondigers en gewone pioniers sedert die lektuur die laaste keer aangebied is. Lektuur moet vóór en ná die gemeentelike vergaderinge beskikbaar wees. Kartonne lektuur moet behoorlik weggepak word op ’n skoon droë plek en op so ’n manier dat dit die lektuur nie beskadig nie.
Die diensopsiener sal ook met die broer saamwerk wat na die tydskrifafdeling omsien. Van tyd tot tyd behoort die diensopsiener en die broer wat na die tydskrifte omsien die hoeveelheid tydskrifte wat elke maand op bestelling is te vergelyk met die hoeveelheid tydskrifte wat in werklikheid in die bediening versprei word. Dit is moontlik dat sommige verkondigers hulle persoonlike tydskrifbestelling sal moet verminder as tydskrifte gereeld by hulle huis ophoop. Tydskrifte moenie vermors word nie.
Met dieselfde beginsel in gedagte behoort die diensopsiener persoonlik seker te maak van die hoeveelheid kampanjelektuur wat die gemeente op die lektuurbestelvorm (S-AB-14) bestel. Hy sal die vorm dan vir die gemeentelike sekretaris gee, wat die res van die vorm noukeurig sal nagaan en veral aandag sal skenk aan die hoeveelheid beheerde items wat bestel is.
’n Sekere hoeveelheid skryfwerk moet natuurlik gedoen word om behoorlik na die lektuur- en tydskrifafdeling om te sien. As die toegewese broers vrae het in verband met die vorms wat hulle gebruik en enige verslae wat hulle moet hou, sal die sekretaris hulle met graagte in hierdie aspek van hulle werk help.