Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/93 bl. 4
  • ‘Leer hulle . . . wat ek julle beveel het”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Leer hulle . . . wat ek julle beveel het”
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Gaan terug om mense te leer hoe hulle vir ewig kan lewe
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Toon opregte besorgdheid vir al die belangstelling wat gevind word
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Hoe om die brosjure Goeie nuus wat van God kom! te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • Gaan met vreugde terug om belangstellendes te help
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1993
km 2/93 bl. 4

‘Leer hulle . . . wat ek julle beveel het”

1 Die maak van dissipels behels dat mense geleer moet word. Voordat iemand ’n dissipel van Christus kan word, moet hy geleer word om “alles te onderhou” wat Jesus beveel het (Matt. 28:19, 20). Die beste manier om dit te doen, is deur ’n tuisbybelstudie.

2 Dit is nie altyd maklik om Bybelstudies te begin nie. As jy dit moeilik vind om ’n Bybelstudie te kry, moet jy nie ontmoedig raak nie. Om Bybelstudies te begin, verg vasbeslotenheid en ’n opregte begeerte om ander die waarheid te leer.—Gal. 6:9.

3 Kweek belangstelling aan: Jou eerste bespreking sal dalk net ’n bietjie belangstelling wek. Party van ons broers het die gewoonte om net ’n herbesoek te doen waar lektuur gelaat is of waar uitsonderlike belangstelling gevind is. In baie gevalle moet ons die huisbewoner se belangstelling in die waarheid aankweek. Dalk het die huisbewoner net ’n traktaat, ’n brosjure of die tydskrifte geneem. Jy kan dalk een van hulle gebruik om ’n tuisbybelstudie mee te begin. As die huisbewoner verdere belangstelling in die boodskap toon, kan jy tydens ’n latere besoek vir hom ’n ander gepaste publikasie aanbied.

4 Voorbereiding is die sleutel tot sukses. Kies vooraf ’n teks wat in die traktaat, brosjure of tydskrif aangehaal word wat jy tydens jou herbesoek gaan gebruik. Op daardie manier sal jy die gedagtes in die publikasie by jou bespreking kan aansluit. Jy kan selfs een of twee paragrawe direk uit die publikasie lees.

5 Jy kan die volgende sê:

◼ “Ons bespreek inligting oor ’n merkwaardige profesie wat op hierdie oomblik vervul word.” Lees Mattheüs 24:3 en sluit dan die prente en die gedagtes op bladsye 149-54 van die Paradys op aarde-boek daarby aan. Jy kan ’n soortgelyke benadering gebruik waar die huisbewoner net ’n tydskrif, brosjure of traktaat geneem het.

6 Ons moet so gou as moontlik na enige belangstellendes teruggaan. Probeer om binne ’n week terug te gaan sodat die huisbewoner die laaste gesprek nog goed sal kan onthou. Bespreek elke keer wanneer jy teruggaan ’n paar paragrawe uit die publikasie wat jy by die huisbewoner gelaat het.

7 Daar is vandag nog baie werk wat gedoen moet word in die groot oes wat Jesus voorspel het (Matt. 9:37, 38). Terwyl ons voortgaan om regskapenes te leer, het ons Jesus se bemoedigende versekering dat hy ‘met ons is al die dae tot aan die voleinding van die wêreld’.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel