’n Tydige boodskap
Soos daar in Ons Koninkryksbediening vir Januarie 1993 aangekondig is, sal die spesiale openbare toespraak vir die Gedenkmaalseisoen hierdie jaar in die meeste gemeentes op 28 Maart gehou word. Dié tydige boodskap se titel is: “‘Dade van God’—Hoe beskou jy hulle?” ’n Spesiale poging moet aangewend word om alle belangstellendes te nooi. Diegene wat dit bywoon, kan aangemoedig word om die Gedenkmaalviering op 6 April by te woon.