Ter voorbereiding vir die Gedenkmaal
Is almal, die spreker inkluis, in kennis gestel van die presiese tyd en plek van die viering? Het die spreker vervoer?
Is vaste reëlings getref om die embleme te kry en hulle betyds op hulle plek te hê?
Is reëlings getref sodat die tafel voor die tyd met ’n skoon tafeldoek en genoeg glase en borde gedek sal word?
Watter reëlings is getref om die Koninkryksaal voor die tyd skoon te maak? Is reëlings vir behoorlike klanktoerusting getref as ’n saal gehuur word?
Is die saalwagters en bedieners aangewys? Is daar gereël om voor die Gedenkmaal saam met hulle te vergader om hulle pligte te hersien? Wanneer? Watter prosedure gaan gevolg word om te verseker dat almal op ’n georganiseerde wyse bedien word?
Is reëlings reeds getref om die bejaarde en sieklike broers en susters te help? Is daar reëlings om enige van die gesalfdes wat dalk bedlêend is of nie die viering saam met die gemeente kan bywoon nie, te bedien?