Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/93 bl. 12
  • Skenk aandag aan belangstelling wat gevind word

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Skenk aandag aan belangstelling wat gevind word
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied intekeninge van huis tot huis aan
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Gaan met vreugde terug om belangstellendes te help
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Eenvoudige en doeltreffende herbesoeke
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Gebruik die Redenering-boek tydens herbesoeke
    Ons Koninkryksbediening—1992
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1993
km 10/93 bl. 12

Skenk aandag aan belangstelling wat gevind word

1 Wanneer ons ons tydskrifte en ander teokratiese publikasies versprei, maak ons die boodskap wat Jesus Christus verkondig het wyd en syd bekend. Daarom moet ons ’n spesiale poging aanwend om terug te gaan na elkeen wat belangstelling toon.

2 Soms wil ’n huisbewoner eers die tydskrifte lees voor hy besluit of hy daarop wil inteken of nie. As jy ’n spesifieke artikel in die Ontwaak! beklemtoon het waarin die huisbewoner belangstelling getoon het, kan jy wanneer jy teruggaan verdere punte in die artikel bespreek en jou gesprek tot een sleutelteks en miskien een of twee paragrawe beperk. As daar verdere belangstelling is, kan jy daarop wys dat die Ontwaak! die hele gesin tot voordeel strek. Elke nommer handel oor ’n verskeidenheid onderwerpe, soos die omgewing, selfverbetering, hoe om probleme van vandag die hoof te bied en vrae wat jongmense bekommer. Verduidelik dat hy daarop kan inteken en dat hy oor ’n tydperk van 12 maande 24 nommers teen ’n bydrae van R19,00 kan ontvang.

3 Gestel die huisbewoner stel nie in enige van die artikels in die jongste Ontwaak! belang nie? Pleks van die gesprek te beëindig, kan jy hierdie geleentheid benut deur van die inligting op bladsye 226-7 van die Redenering-boek gebruik te maak en die huisbewoner meer oor die werk van Jehovah se Getuies te leer.

4 As jy “Die Wagtoring” met die vorige besoek by die huisbewoner gelaat het nadat jy 2 Timotheüs 3:1-5 gelees het en die inligting op bladsy 2 van die tydskrif beklemtoon het, kan jy wanneer jy teruggaan iets sê soos:

◼ “In ons vorige gesprek het ons die betekenis bespreek van wat vandag om ons in die wêreld gebeur. Dit lyk asof baie mense belangstelling verloor het in God en in sy standaarde vir die lewe soos dit in die Bybel uiteengesit word. Dit het mense se gesindheid teenoor mekaar grootliks beïnvloed, soos dit in 2 Timotheüs 3:1-5 uiteengesit is. Dink jy daar is grondige redes om beter toestande in die toekoms te verwag?” Nadat jy die huisbewoner kans gegee het om te antwoord, kan jy die aandag op 2 Petrus 3:13 vestig. Blaai dan na bladsye 248-54 in die Redenering-boek, en beklemtoon wat die Koninkryk vir die mensdom gaan doen.

5 Tydens die herbesoek merk jy dalk dat die huisbewoner teësinnig is om op die tydskrifte in te teken. Jy kan dalk hierdie benadering gebruik om ’n tydskrifroete te begin:

◼ “Ek sal graag elke tweede week ’n draai by jou wil kom maak en die jongste nommers van Die Wagtoring en die Ontwaak! vir jou bring. Wil jy hê ek moet dit doen?” As die huisbewoner instem, moet jy seker maak dat jy al die besonderhede neerskryf en getrou elke tweede week teruggaan. In sommige gevalle kan jy dalk, weens die afstand of ander probleme, voorstel dat jy een keer per maand met vier tydskrifte teruggaan. ’n Tydskrifroete is ’n uitstekende manier om die vertroue van mense te wen wat dalk ’n bietjie skepties oor Jehovah se Getuies is. Baie tydskrifroetes het al tot goeie Bybelstudies gelei.

6 Laat ons ons ten volle inspan en na almal teruggaan wat belangstelling in die waarheid toon en hulle op die pad na die ewige lewe help.—Joh. 4:23, 24.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel