Bied intekeninge van huis tot huis aan
1 Die doel van die Ontwaak! word duidelik op bladsy 4 van elke nommer uiteengesit: ‘Hierdie tydskrif bou vertroue op in die Skepper se belofte van ’n vreedsame en veilige nuwe wêreld voordat die geslag wat die gebeure van 1914 gesien het, uitsterf.’ So ’n tydskrif verdien ongetwyfeld om so wyd moontlik in ons huis-tot-huis-bediening versprei te word! Ons het gedurende Oktober die geleentheid om hierdie puik tydskrif op ’n intekeningbasis vir soveel mense as moontlik aan te bied.
2 Die Ontwaak! is ’n uitstekende manier om die belangstelling van mense aan te wakker wat nie geestelik gesind is nie. Soek in elke nommer wat jy lees na gepaste punte om vir ander te wys. Party verkondigers maak aantekeninge in hulle persoonlike eksemplaar, en voordat hulle daardie spesifieke nommer in die veld aanbied, hersien hulle die aantekeninge sodat hulle spesifieke punte in gedagte het om vir huisbewoners te wys.
3 Ons kan ons aanbieding begin deur ’n gepaste kommentaar te maak oor ’n onderwerp wat bespreek word in die Ontwaak! wat ons gebruik.
Ná ’n kort inleiding kan ons die tydskrif aanbied deur miskien te sê:
◼ “Hierdie Ontwaak!-artikel bespreek die onderwerp in meer besonderhede.” Lees dan ’n sin of twee waarop jy vooraf besluit het en gaan voort deur te sê: “Aangesien dit lyk of jy in hierdie onderwerp belangstel, sal jy nie graag hierdie artikel asook die ander tydige artikels in hierdie nommer van die Ontwaak! wil lees nie? Indien wel, sal ek met graagte reël dat jy op hierdie puik tydskrif inteken teen ’n bydrae van slegs R19,00 vir ’n jaar. Jy sal dan 24 nommers deur die pos ontvang.” As die huisbewoner die intekening van die hand wys, kan jy hom aanmoedig om die twee tydskrifte te neem. As die huisbewoner die tydskrifte neem, is dit dalk gepas om iets te sê soos: “Ons vra ’n bydrae van R1,60 vir hierdie twee tydskrifte om die drukkoste te dek.”
4 As dit duidelik is dat die huisbewoner in geestelike dinge belangstel, kan ons na ’n teks soos 2 Timotheüs 3:1-5 oor die laaste dae verwys. Om sy belangstelling in ons tydskrifte aan te wakker, kan ons daarna op bladsy 2 van die jongste Wagtoring die deel lees wat begin met: “Die doel van Die Wagtoring.” Bied daarna vir hom die intekening aan.
5 In baie gebiede is mense bekommerd oor die verslegtende ekonomiese toestande of die toename in misdaad en geweld. Jy kan dalk sê:
◼ “Ons bespreek ’n positiewe siening van die toekoms met ons bure. Hoe voel jy oor ons onmiddellike toekoms? Is jy ook bekommerd oor die verslegtende ekonomiese toestande sowel as die toename in misdaad en geweld? [Laat die huisbewoner antwoord.] Dink jy dat enigiemand ’n ware oplossing vir hierdie probleme het? [Laat die huisbewoner antwoord.] Ek het die Bybel in hierdie opsig baie nuttig gevind.” Gebruik een of meer van die tekste in die Redenering-boek op bladsye 248-52 wat beskryf wat God se Koninkryk vir die mensdom gaan doen. Vestig die huisbewoner se aandag op ’n gepaste artikel in Die Wagtoring. Bied die intekening aan.
6 Terwyl ons van huis tot huis gaan, moet ons onthou dat ons twee van die beste instrumente ter wêreld het om mense te help om geestelik vordering te maak—Die Wagtoring en die Ontwaak! Laat ons ons inspan om huisbewoners se belangstelling in hierdie tydskrifte aan te wakker en by elke geleentheid ’n intekening aanbied.