Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/93 bl. 1
  • Bereik jou Bybelstudent se hart

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bereik jou Bybelstudent se hart
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Help jou Bybelstudente om gedoopte dissipels te word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan(Studie-uitgawe) — 2021
  • Skenk aandag aan jou “onderrigkuns”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Wees goed voorbereid om te onderrig
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Hoe om ’n Bybelstudie te hou wat tot doop lei – Deel twee
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1993
km 12/93 bl. 1

Bereik jou Bybelstudent se hart

1 Wil jy hê dat jou Bybelstudent moet toepas wat hy leer? Hy moet dit doen as hy baat wil vind by die kennis wat hy inneem. Ten einde jou Bybelstudent tot optrede te motiveer, moet jy sy hart bereik. Op Pinksterdag 33 G.J. het die apostel Petrus se gedagteprikkelende toespraak ongeveer 3000 mense “diep in die hart getref”, en hulle het “sy woord met blydskap aangeneem” en is daardie dag gedoop (Hand. 2:37, 41). Hoe kan jy jou Bybelstudent se hart bereik?

2 Berei deeglik voor: Moenie soveel materiaal probeer dek dat daar te min tyd oor is om met die student oor die inligting te redeneer nie. Bepaal vooraf watter punte jy gaan beklemtoon, en maak seker dat jy die tekste verstaan en doeltreffend kan toepas. Dink voor die tyd aan die vrae wat vanweë die student se agtergrond in sy gedagtes kan opkom. As jy jou student goed ken, sal hierdie kennis jou help om informasie voor te berei wat spesifiek by hom pas.

3 Volg Jesus se onderrigmetode na: Jesus het illustrasies gebruik om moeilike punte te vereenvoudig en sy studente te help om die betekenis van ’n situasie te snap en die emosie wat daarby betrokke is te ervaar (Luk. 10:29-37). Net so kan jy goeie leringe op die harte van jou Bybelstudente inprent deur jou illustrasies eenvoudig te hou, hulle op die algemene dinge in die lewe te baseer en hulle spesifiek op die student se omstandighede toe te pas.

4 Vrae is veral nuttig om die Bybelstudente se harte te bereik, soos Jesus dikwels getoon het (Luk. 10:36). Maar moenie daarmee tevrede wees as die student bloot die antwoord uit die boek lees nie. Gebruik uitlokvrae om sy gedagtes tot ’n slotsom te laat kom waaraan hy dalk nog nie vantevore gedink het nie. Hierdie proses help ook die student om sy denkvermoë te ontwikkel. Vra beskouingsvrae om uit te vind wat hy persoonlik glo. Dan kan jy gebiede onderskei waar hulp nodig is en voortgaan om hom met meer spesifieke hulp by te staan.

5 As ’n Bybelstudent nie vordering maak nie, moet jy by hom probeer uitvind wat die redes daarvoor is. Dit sal dalk beteken dat jy hom op ’n ander tyd as die gewone studietyd besoek. Waarom huiwer hy om op te tree? Is daar die een of ander skriftuurlike punt wat hy nie verstaan nie? Is hy teensinnig om sekere veranderinge in sy lewenswyse aan te bring? As ’n Bybelstudent probeer om ‘op twee gedagtes te hink’, moet jy hom help om te besef hoe gevaarlik dit is.—1 Kon. 18:21.

6 Die apostel Paulus het besef dat dit ’n lewensreddende werk is om Bybelwaarhede aan belangstellendes te leer, en daarom het hy alle Christene vermaan om ‘voortdurend aandag aan hulle onderrigting te skenk’ (1 Tim. 4:16, NW). Diegene met wie jy Bybelstudies hou, moet meer as net feite van die Bybel en van wêreldgebeure inneem. Hulle moet juiste kennis van Jehovah en Jesus inneem en gehelp word om ’n innige persoonlike verhouding met hulle aan te kweek. Slegs deur dit te doen, sal hulle beweeg word om hulle geloof deur werke te openbaar (Jak. 2:17, 21, 22). Wanneer die student se hart bereik is, sal hy beweeg word om die weg te volg wat Jehovah eer en sal hy sy eie lewe red.—Spr. 2:20-22.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel