Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/93 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Desember

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Desember
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 6 Desember
  • Week wat begin met 13 Desember
  • Week wat begin met 20 Desember
  • Week wat begin met 27 Desember
Ons Koninkryksbediening—1993
km 12/93 bl. 2

Diensvergaderinge vir Desember

LET WEL: Daar sal ’n Diensvergaderingprogram vir elke week gedurende Desember en Januarie in Ons Koninkryksbediening verskyn. Gemeentes kan die nodige aanpassings maak met die oog op die bywoning van die “Goddelike Onderrigting”-Streekbyeenkoms asook ’n hersiening van 30 minute van die programglanspunte tydens die Diensvergadering die week ná die streekbyeenkoms. Twee of drie bekwame broers kan voor die tyd aangewys word om die hersiening van elke dag van die streekbyeenkomsprogram te behartig, sodat hulle die sleutelgedagtes sal kan beklemtoon. Hierdie goed voorbereide hersiening sal die gemeente help om sleutelgedagtes te onthou wat hulle persoonlik kan toepas en in die veld kan gebruik. Kommentare van die gehoor en ondervindinge moet kort en saaklik wees.

Week wat begin met 6 Desember

Lied 205

10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.

20 min: “Betoon liefde tydens die ‘Goddelike Onderrigting’-Streekbyeenkoms.” Vraag-en-antwoord-bespreking met ’n plaaslike toepassing. Herinner almal daaraan om ’n lapelkaart te kry en dit te alle tye te dra, selfs wanneer hulle na en van die byeenkoms reis.

15 min: “Tydige herinnerings.” Bespreking moet deur die sekretaris behartig word. Gebruik ook die informasie in ons brief van 18 Oktober 1993 wat aan alle gemeentes gerig was. Moedig almal aan om hierdie riglyne noukeurig te volg en sodoende te verseker dat ons ’n goeie rapport vir Desember het.

Lied 169 en slotgebed.

Week wat begin met 13 Desember

Lied 146

10 min: Plaaslike aankondigings, rekeningverslag en erkenning van bydraes. Prys die gemeente vir hulle milddadige ondersteuning van plaaslike behoeftes, die Genootskap-Koninkryksaalfonds en die Genootskap se wêreldwye werk. Stel een of twee gesprekspunte voor wat hierdie naweek as inleidings in die velddiens gebruik kan word.

20 min: “Help ander om van God se Seun, Jesus Christus, te leer.” Vraag-en-antwoord-bespreking. Demonstreer die aanbieding in paragraaf 2 (deur ervare verkondiger) en in paragraaf 4 (deur jonger verkondiger). Moedig almal aan om die Grootste mens-boek van huis tot huis sowel as tydens informele getuieniswerk aan te bied.

15 min: “Begin Bybelstudies gedurende Desember.” Bespreking met gehoor. Demonstreer tydens die bespreking van paragraaf 4 hoe ’n Bybelstudie gedurende ’n herbesoek begin kan word. Moedig almal aan om, indien moontlik, elke maand ’n tuisbybelstudie te hou.

Lied 165 en slotgebed.

Week wat begin met 20 Desember

Lied 189

5 min: Plaaslike aankondigings. Meld plaaslike reëlings vir spesiale getuieniswerk op 25 Desember.

15 min: “Bereik jou Bybelstudent se hart.” Vrae en antwoorde met ’n demonstrasie. Beklemtoon die punt dat almal in die gemeente hulle daarop moet toelê om die onderrigmetode aan te leer. Nadat paragraaf 3 bespreek is, moet ’n verkondiger demonstreer hoe daar met ’n Bybelstudent geredeneer kan word deur vrae en tekste uit paragraaf 13 en 14 in hoofstuk 1 van die Paradys op aarde-boek te gebruik.

15 min: “Sit tyd vir tydskrifwerk opsy.” Toespraak met gehoorbespreking. Wanneer paragraaf 3 bespreek word, moet daar getoon word hoe verskillende artikels in die jongste tydskrifte aangebied kan word vir die verskillende soorte mense wat ons dalk in ons plaaslike gebied sal teëkom.

10 min: “Saai volop om volop te maai.” Vraag-en-antwoord-bespreking. Pas die materiaal plaaslik toe. Lig die gemeente in oor die weeklikse reëlings om aan die tydskrifwerk deel te neem. Meld die getal Bybelstudies wat plaaslik gehou word en sê hoeveel nuwe dissipels gedurende die afgelope jaar gemaak is. Moedig almal aan om ’n ywerige poging aan te wend om ’n volle deelname aan tydskrifverspreiding en die Bybelstudiewerk te hê.

Lied 61 en slotgebed.

Week wat begin met 27 Desember

Lied 37

15 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Kondig spesiale reëlings aan vir getuieniswerk op 1 Januarie. Demonstreer hoe om lektuur te gebruik wat in Januarie plaaslik aangebied sal word.

15 min: Wat is daarmee verkeerd om met dwelms te eksperimenteer? Twee tienderjarige verkondigers bespreek die grootskaalse dwelmmisbruik op skool met ’n ouere man. Hulle meld dat party jongmense niks daarmee verkeerd sien om af en toe dwelms te gebruik nie. Die ouere man erken dat dinge vererger het sedert hy op skool was. Hy sê dat dwelmmiddels nie spesifiek in die Bybel gemeld word nie, maar dat goeie riglyne in verband met die gebruik van dwelms in die Redenering-boek, bladsye 119-25, gevind kan word. Jongmense lees tekste en ouere man redeneer met hulle oor die materiaal wat hulle dek. Jongmense gee hulle eie voorstelle oor verskillende maniere waarop hulle portuurdwang individueel kan weerstaan.

15 min: “Die Yearbook—’n skatkis van bemoediging.” Geesdriftige toespraak wat die toepassing van die tekste na vore bring. Reël dat goed voorbereide verkondigers die ondervinding in die artikel en ondervindinge op bladsy 32 van The Watchtower van 1 Januarie 1990, 1 Januarie 1987 en 1 Januarie 1986 met gevoel vertel.

Lied 120 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel