Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/94 bl. 1
  • Van huis tot huis sonder ophou

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van huis tot huis sonder ophou
  • Ons Koninkryksbediening—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Die huis-tot-huis-bediening—Waarom nou belangrik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Die huis-tot-huis-getuieniswerk
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Onderrig in die openbaar en van huis tot huis
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Waardeer jy die openbare bediening?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1994
km 7/94 bl. 1

Van huis tot huis sonder ophou

1 In eertydse Israel is offerandes daagliks gebring (Ex. 29:38-42). Die vuur op die altaar moes voortdurend brand; die rook wat opgegaan het, was “’n lieflike geur” wat Jehovah behaag het (Ex. 29:18). Vandag word ons aangespoor om ‘aan God ’n lofoffer te bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely’ (Hebr. 13:15). Pleks van offerandes te gebruik wat deur die Wet voorgeskryf is, aanbid ons Jehovah deur sy lof sonder ophou te verkondig.—Jes. 43:21; Hand. 5:42.

2 Jesus Christus, die grootste Getuie wat tot nog toe op hierdie aarde geloop het, het ons geleer hoe ons suiwer aanbidding moet verrig deur lofoffers te bring. Hy het sy dissipels geleer dat die boodskap wat hulle verkondig het dringend was. Hy het geweet die doeltreffendste manier om mense met die goeie nuus te bereik, was om persoonlik met hulle in hulle huis te praat (Matt. 10:7, 12). Ons sien dus dat die apostels sy Goddelik geïnspireerde bevel om van huis tot huis te preek, nagekom het.—Hand. 20:20.

3 Dit is vandag dieselfde. As Jesus se dissipels volg ware Christene sy voorbeeld deur die goeie nuus van huis tot huis te verkondig. Hoewel ons daarvoor gekritiseer en vervolg kan word, het miljoene al die waarheid geleer en skaar honderdduisende nuwe dissipels hulle jaarliks by die groot menigte, wat bewys dat dit Jehovah se manier is om sy wil tot stand te bring. Dit is waarom ons in ons bediening volhard.

4 Die voordele wat dit inhou om van huis tot huis te preek: ‘God is geen aannemer van die persoon nie. Die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, is Hom welgevallig’ (Hand. 10:34, 35). Deur direk na elke huis in ons gebied te gaan, toon ons duidelik dat ons onpartydig is en aan almal die geleentheid bied om gereeld die Koninkryksboodskap te hoor. Dié wat ontvanklik is vir die boodskap kry op hulle beurt persoonlike hulp volgens hulle individuele behoeftes.

5 Feitlik alle verkondigers, ook dié wat jonger is, die bejaardes en selfs nuwelinge, kan aan die huis-tot-huis-werk deelneem. Sodoende kan elkeen “’n openbare bekendmaking tot redding” doen (Rom. 10:10, NW). As ons saam met ander aan die huis-tot-huis-bediening deelneem, verenig dit ons in die bande van liefde en eenheid. Terselfdertyd bied dit ons ’n geleentheid om ons volharding te toon wanneer ons onverskilligheid of teenstand teëkom. Hierdie openbare bekendmaking van ons geloof maak van ons “’n skouspel”, wat opregtes van hart help besef dat ons ’n georganiseerde reëling het om aan ander die Bybel te leer en dat hulle daaruit voordeel kan trek (1 Kor. 4:9). Dit alles toon duidelik dat Jehovah die huis-tot-huis-werk seën en dit gebruik om die groot menigte na sy “huis” van suiwer aanbidding te versamel.—Jes. 2:2-4.

6 Mense moet nou meer as in enige ander tyd in die geskiedenis die Koninkryksboodskap hoor. Laat ons voortgaan om sonder ophou van huis tot huis te preek totdat Jehovah sê dat dit genoeg is (Jes. 6:11). As ons dít doen, sal ons beloon word met die vreugde wat dit meebring om in hierdie tyd van die einde aan die belangrike en voordelige huis-tot-huis-bediening deel te neem.—1 Kor. 15:58.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel