Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/06 bl. 8
  • Die huis-tot-huis-getuieniswerk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die huis-tot-huis-getuieniswerk
  • Ons Koninkryksbediening—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • Onderrig in die openbaar en van huis tot huis
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Die huis-tot-huis-bediening—Waarom nou belangrik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Toon waardering vir die twee grootste liefdeblyke
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Van huis tot huis sonder ophou
    Ons Koninkryksbediening—1994
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2006
km 9/06 bl. 8

Die huis-tot-huis-getuieniswerk

1. Watter vraag ontstaan in verband met die huis-tot-huis-bediening, en waarom?

1 “Diegene wat vertroud is met die verskillende maniere om die Waarheid te verkondig, sal saamstem dat die huis-tot-huis-kampanje met MILLENNIAL DAWN tans verreweg die doeltreffendste manier is om die Waarheid bekend te maak.” Hierdie stelling wat uit die nommer van 1 Julie 1893 van Zion’s Watch Tower kom, het die waarde van die huis-tot-huis-bediening beklemtoon. Vir mense regoor die aarde is dit iets waaraan Jehovah se Getuies uitgeken word. Is hierdie metode nog steeds doeltreffend, aangesien dit al hoe moeiliker word om mense in sekere lande tuis te vind?

2. Wat is die skriftuurlike grondslag van die huis-tot-huis-getuieniswerk?

2 Skriftuurlik en belangrik: Die huis-tot-huis-getuieniswerk het ’n skriftuurlike grondslag. Jesus het 70 dissipels opdrag gegee om twee-twee na mense se huise te gaan (Luk. 10:5-7). Kort ná Jesus se dood sê die Bybel aangaande sy dissipels: “Hulle het elke dag in die tempel en van huis tot huis sonder ophou voortgegaan om te leer en die goeie nuus . . . bekend te maak” (Hand. 5:42). Die apostel Paulus het ook ywerig van huis tot huis getuig.—Hand. 20:20.

3. Wat is van die voordele om van huis tot huis te getuig?

3 Die huis-tot-huis-getuieniswerk is nog steeds vandag ’n belangrike manier om die goeie nuus bekend te maak. Dit stel ons in staat om verdienstelikes op ’n stelselmatige en ordelike wyse te “soek” (Matt. 10:11). Mense is oor die algemeen meer ontspanne by die huis. Wanneer ons van aangesig tot aangesig met hulle praat—hulle stem hoor, hulle gesigsuitdrukkings sien sowel as die omstandighede waarin hulle lewe—gee dit ons die geleentheid om te onderskei waarin hulle belangstel en waaroor hulle besorg is. Dit gee ons gewoonlik die beste geleentheid om langer gesprekke te hê.

4. Hoe kan ons die huis-tot-huis-getuieniswerk meer produktief maak?

4 Maak persoonlike aanpassings: Die apostel Paulus was bereid om persoonlike aanpassings “ter wille van die goeie nuus” te maak (1 Kor. 9:23). Ons kan moontlik ons rooster aanpas om te getuig wanneer meer mense waarskynlik tuis sal wees, soos later in die dag, oor naweke of op vakansiedae. Hou ’n rekord van huise waar niemand tuis was nie, en probeer weer op ’n ander dag van die week of op ’n ander tyd van die dag.

5. Hoe kan diegene wat deur gesondheid beperk word, by die huis-tot-huis-werk betrek word?

5 Selfs diegene wat deur gesondheid beperk word, sal moontlik aan die huis-tot-huis-getuieniswerk kan deelneem. Miskien kan ons ’n punt daarvan maak om sulke persone saam met ons na huise te neem wat maklik toeganklik is en hulle toelaat om teen ’n gemaklike pas te werk. Omdat een suster kort van asem was, kon sy net een huis elke halfuur doen. Maar hoe gelukkig en tevrede het sy tog gevoel toe sy by die groep ingesluit is!

6. Waarom moet ons die huis-tot-huis-getuieniswerk ’n gereelde deel van ons bediening maak?

6 Baie skaapgeaardes word steeds in die deur-tot-deur-werk gevind. Toe ’n verkondiger aan ’n deur geklop het, het die huisbewoner vir hom gesê: “Kom in. Ek weet wie jy is. Ek het tot God gebid om iemand te stuur om my te help, en toe hoor ek ’n klop aan die deur. Hy het my gebed verhoor en jou gestuur.” Die resultate bewys dat Jehovah hierdie metode om te getuig, seën (Matt. 11:19). Wees vasbeslote om die huis-tot-huis-getuieniswerk ’n gereelde deel van jou bediening te maak.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel