Teokratiese nuus
Botswana: Die Streekboukomitee van Pietersburg het ’n snelbouprojek in die verafgeleë Francistown, Botswana, onderneem. Die nuwe Koninkryksaal is aan die sendinghuis daar aangebou. Broers van die Streekboukomitee van Botswana het die vrywilligers van die Pietersburg-streek gehelp. Die saal sal vroeg in Oktober toegewy word.
Suid-Afrika: Vyf gemeentes was verheug toe hulle nuwe Koninkryksale toegewy is. Dit is die gemeentes in Piet Retief in die Suid-Transvaal, Ndwedwe-Noord in Natal, Heilbron in die Oranje-Vrystaat, Pankop wat noord van Pretoria is en Kaapstad-Sentraal.
Op 4 September het nog 11 studente van Suid-Afrika en naburige lande aan dieBedieningsopleidingskool in Zambië gegradueer. Teen die einde van hierdie jaar sal 29 studente van ons veld gegradueer het sedert die skool in Oktober 1993 begin het.
Swaziland: ’n Koninkryksaal is in Mbabane, die hoofstad van Swaziland, gebou. Dit is die eerste Koninkryksaal in die stad en word deur twee gemeentes gebruik. Hierdie snelbouprojek is deur die Streekboukomitee van die Witwatersrand behartig en die broers in Swaziland het hulle gehelp. Honderde bekwame vrywilligers van die Koninkryksaalbouprojek van die Rand en van Pretoria af het na Mbabane gestroom en binne ’n paar dae al die bouwerk bo vloerhoogte voltooi. Daar word ook in Manzini, ’n ander groot stad in Swaziland, ’n Koninkryksaal gebou.