Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/95 bl. 4
  • Kweek die belangstelling wat jy gevind het

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kweek die belangstelling wat jy gevind het
  • Ons Koninkryksbediening—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om die Grootste mens-boek tydens herbesoeke te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Voorgestelde velddiensaanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Hoe om die Leer Bybel-boek aan te bied
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Gaan terug na alle belangstellendes om ander te bevoordeel
    Ons Koninkryksbediening—1995
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1995
km 2/95 bl. 4

Kweek die belangstelling wat jy gevind het

1 Wanneer ons van huis tot huis werk, het ons gewoonlik ’n beperkte hoeveelheid tyd wat ons saam met ’n belangstellende kan bestee. In die meeste gevalle vind die ware onderrigting plaas wanneer ons herbesoeke doen en Bybelstudies hou (Matt. 28:19, 20). Om doeltreffend tydens die herbesoek te onderrig, moet ons dít hersien wat ons tydens die eerste besoek bespreek het en dan vir ’n verdere bespreking voorberei.

2 As jy oor die onbestendigheid van die gesinsreëling gepraat het, kan jy die materiaal in hoofstuk 29 van die “Paradys op aarde”-boek gebruik. Jy kan sê:

◼ “Ons het laas oor die wysheid daarvan gesels om Bybelraad te volg ten einde ’n gelukkige gesinslewe te geniet. Wat dink jy is vandag die sleutel tot verenigde gesinne?” Laat die huisbewoner antwoord. Verwys na paragraaf 27 op bladsy 247, en lees Kolossense 3:12-14. Toon verder hoe opregte liefde gesinne bymekaar kan hou. Verduidelik hoe ’n stelselmatige studie van die Paradys op aarde-boek probleme kan help oplos.

3 As jy tydens jou eerste besoek verslegtende wêreldtoestande bespreek het, kan jy dit verder voer deur te sê:

◼ “Ek is seker jy sal saamstem dat groot veranderinge nodig is as ons ooit in vrede gaan saamwoon. Die Bybel toon dat Satan die hoofoorsaak van ons probleme is. Talle wonder waarom God toegelaat het dat hy al so lank bedrywig is. Wat dink jy?” Laat die huisbewoner antwoord. Blaai na bladsy 20, paragrawe 14 en 15, in die Paradys op aarde-boek, en verduidelik waarom Satan nog nie vernietig is nie. Lees dan Romeine 16:20, wat toon wat ons in die nabye toekoms kan verwag.

4 As jy tydens jou herbesoek oor die seëninge gepraat het wat onder Koninkryksheerskappy verwesenlik sal word, kan jy sê:

◼ “God se Koninkryk gaan wonderlike seëninge vir die aarde en die mensdom bring. Hierdie seëninge word hier op bladsye 12 en 13 pragtig uitgebeeld. Wat sien jy hier waarvan jy hou? [Laat die huisbewoner antwoord.] Dink net hoe dit sal wees om in ’n wêreld soos hierdie te leef.” Lees paragraaf 12. As daar belangstelling getoon word, kan jy paragraaf 13 se vraag vra en die antwoord bespreek. Wys daarop dat hierdie hoofstuk verdere vrae oor Koninkrykseëninge beantwoord en dat jy dit graag tydens jou volgende besoek wil bespreek.

5 Jy kan dalk ’n studie begin deur die volgende te sê:

◼ “Baie mense het met behulp van hierdie boek antwoorde op hulle Bybelvrae gevind.” Blaai na die inhoudsopgawe en vra: “In watter onderwerp hier stel jy die meeste belang?” Laat die huisbewoner antwoord, blaai na die hoofstuk wat hulle belangstelling geprikkel het en lees die eerste paragraaf. Verduidelik hoe die vrae onderaan elke bladsy die hoofpunte in elke paragraaf beklemtoon. Lig dit toe deur nog een of twee paragrawe te bespreek, en tref dan reëlings om terug te gaan.

6 As ons belangstelling in die Paradys op aarde-boek kweek, lewer dit bewys van ons begeerte om ons bediening ten volle uit te voer (2 Tim. 4:5). Ons help dalk diegene wat na ons luister om die ewige lewe hulle doelwit te maak.—Joh. 17:3.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel