Dek jou gebied deeglik
1 In woongebiede tref ons dikwels klein ondernemings aan, soos ’n kruidenierswinkel, restaurant of kleinhandelaar. Indien hierdie ondernemings saam met die res van hierdie gebied gedek moet word, moet jy hulle op dieselfde wyse nader as wat jy die inwoners van die buurt nader.
2 Jy kan ’n eenvoudige, kort aanbieding gebruik en miskien sê: “Ek het iets wat ek jou graag wil wys.” As dit lyk asof die eienaar op die oomblik besig is, kan jy net ’n traktaat aanbied en sê: “Ek sal jou weer kom besoek wanneer jy nie so besig is nie. Ek sal graag wil hoor wat jy hiervan dink.”
3 Dit is nie nodig om skrikkerig te wees om hierdie werk te doen nie. Een verkondiger het gesê: “Ek het verwag dat die reaksie negatief sou wees. Maar tot my verbasing was hulle reaksie op die Koninkryksboodskap net die teenoorgestelde. Hulle was opreg beleef en vriendelik en het feitlik altyd die tydskrifte aanvaar.”
4 ’n Vrou wat by ’n eiendomsagentskap werk, het die Getuies in haar kantoor ingenooi. Sy het die tydskrifte geneem en te kenne gegee dat sy in ’n Bybelstudie belangstel. Die Kennis-boek is vir haar gewys, en ’n studie is op die plek begin, daar in haar kantoor!
5 Die opdrag om jou gebied deeglik te dek, sluit in dat jy mense besoek wat sakeondernemings in die buurt het (Hand. 10:42). Beplan om hierdie ondernemings te besoek net soos jy woonhuise sou besoek. Nie alleen sal dit beteken dat jy jou gebied beter sal dek nie, maar dalk word jy met aangename ondervindinge geseën!