Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/97 bl. 7
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Is jy voorbereid op ’n natuurramp?
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Hoe om ná ’n ramp te help
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2023
  • Help ander om moeilike tye te verduur
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Die noodlenigingsbediening
    God se Koninkryk regeer!
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1997
km 2/97 bl. 7

Vraebus

◼ Wat moet gedoen word wanneer ’n ramp plaasvind wat ons broers regstreeks raak?

As ’n ramp jou omgewing tref: Moenie paniekerig raak nie. Bly kalm en konsentreer op dit wat waarlik kosbaar is—lewe, nie besittings nie. Sien om na jou gesin se onmiddellike fisiese behoeftes. Stel die ouer manne dan in kennis van jou omstandighede en waar jy jou bevind.

Die ouer manne en bedieningsknegte speel ’n uiters belangrike rol deur noodlenigingsbystand te verleen. As daar ’n vroegtydige rampwaarskuwing is, soos met party groot storms, moet hierdie broers seker maak dat almal in ’n veilige plek is en, indien die tyd dit toelaat, moet hulle voorraad wat dalk benodig word, verkry en uitdeel.

Ná die tyd moet boekstudiehouers elke gesin opspoor en uitvind hoe dit met hulle gaan. Die presiderende opsiener of ’n ander ouer man moet oor die situasie van elke huisgesin ingelig word, selfs al is alles in orde. As iemand beseer is, sal die ouer manne mediese behandeling probeer reël. Hulle sal ook enige nodige materiële dinge voorsien, soos voedsel, klere, beskutting of huishoudelike voorraad (Joh. 13:35; Gal. 6:10). Die plaaslike ouer manne sal die gemeente geestelike en emosionele ondersteuning gee en sal so gou as moontlik reël om gemeentelike vergaderinge te hervat. Nadat ’n deeglike evaluasie gedoen is, moet ’n ouer man namens die liggaam van ouer manne met die kringopsiener in aanraking kom om hom in kennis te stel van enige beserings, skade aan die Koninkryksaal of skade aan die huise van broers, sowel as van enige spesiale behoeftes. Die kringopsiener sal die takkantoor dan skakel met ’n verslag oor die situasie. As julle nie met die kringopsiener in aanraking kan kom nie, kan julle direk met die takkantoor in verbinding tree. Die takkantoor sal enige grootskaalse noodlenigingsmaatreëls koördineer wat nodig is.

As ’n ramp ’n ander gebied tref: Bid vir die broers en susters (2 Kor. 1:8-11). As jy geldelike bystand wil verleen, kan jy jou bydrae aan die Genootskap stuur, waar fondse vir noodleniging opsy gesit word. Die adres is: Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740. (Hand. 2:44, 45; 1 Kor. 16:1-3; 2 Kor. 9:5-7; sien Die Wagtoring van 1 Desember 1985, bladsye 20-2.) Moenie materiaal of voorraad na die rampgebied toe stuur tensy die broers wat in beheer is uitdruklik daarvoor vra nie. Dit sal verseker dat die noodlenigingspoging ordelik verloop en dat die goedere behoorlik versprei word (1 Kor. 14:40). Moet die Genootskap asseblief nie onnodig skakel nie, aangesien dit die telefoonlyne besig kan hou wat nodig is vir inkomende oproepe uit die rampgebied.

Nadat daar behoorlik ondersoek ingestel is, sal die Genootskap besluit of ’n noodlenigingskomitee gevorm moet word. Verantwoordelike broers sal in kennis gestel word. Almal moet met die ouer manne wat die leiding neem, saamwerk sodat daar voldoende voorsien kan word in die noodsaaklike behoeftes van al die broers.—Sien Jehovah se Getuies—verkondigers van God se Koninkryk, bladsye 310-15.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel