Help gesinne om ’n blywende toekoms vir hulle te verseker
1 “Hebsug is gesond”, het ’n finansier vir ’n klas finalejaarstudente aan ’n universiteit gesê en bygevoeg: “Jy kan hebsugtig wees en steeds goed voel oor jouself.” Dit is tipies van hoe die wêreld eiebelang bevorder as die manier waarop ’n mens jou toekoms kan verseker. In skerp teenstelling hiermee het Jesus geleer dat ’n Christen ‘homself moet verloën, want van watter nut sal dit vir ’n mens wees as hy die hele wêreld wen, maar sy siel inboet?’ (Matt. 16:24-26). Om ’n blywende toekoms vir jou te verseker, moet die uitvoering van God se wil die middelpunt vorm van ’n mens se hele lewe—die belangrikste doelwit vir gesinne vandag (Ps. 143:10, NW; 1 Tim. 4:8). Daardie boodskap word in die slothoofstuk van die boek Die geheim van gesinsgeluk oorgedra. Hierdie nuwe publikasie help mense om te sien wat werklik in die lewe saak maak en hoe hulle tot voordeel van hulle gesin kan optree. Wat kan ons sê om diegene wat ons ontmoet aan te spoor om die Gesinsgeluk-boek te lees, terwyl ons voortgaan om die goeie nuus oral te verkondig? Hier is ’n paar voorstelle:
2 By die deur sowel as op straat kan jy die traktaat “Put genot uit jou gesinslewe” probeer gebruik om gesprekke aan te knoop. Jy kan vra:
◼ “Met al die kommer wat die hedendaagse lewe ons bring, dink jy dit is moontlik om ’n werklik gelukkige gesinslewe te hê? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie traktaat verseker ons dat dit moontlik is. Wil jy dit dalk lees?” As dit geneem word, kan jy voortgaan deur te sê: “Aangesien jy in hierdie onderwerp belangstel, sal jy dalk ook hierdie boek geniet wat uitvoerige raad gee oor hoe om in die gesinskring geluk te vind.” Wys die inhoudsopgawe in die Gesinsgeluk-boek. Vestig die aandag op ’n paar treffende hoofstuktitels. Blaai na bladsy 10 en lees vanaf die laaste sin in paragraaf 17 tot die einde van paragraaf 18. Bied die boek teen ’n bydrae van R4,00 aan. Verduidelik dat jy graag verder sou wou gesels en vra wanneer jy weer met hom in aanraking kan kom.
3 Jy kan jou aanvanklike gesprek oor ’n gelukkige gesinslewe voortsit deur te sê:
◼ “Ek wil jou graag iets wys in die boek wat jy geneem het wat ek dink jy sal waardeer. Die laaste hoofstuk vestig die aandag op die ware geheim van gesinsgeluk. [Lees paragraaf 2 op bladsy 183.] Let daarop dat die sleutel is om saam te werk om God se wil te doen. Ons beveel aan dat gesinne die Bybel saam bestudeer om te leer wat God se wil is en hoe om dit in die huis toe te pas. Ons bied ’n gratis Bybelstudiekursus aan wat in net ’n paar maande voltooi kan word. As jy my sal toelaat, sal ek jou wys hoe dit gehou word.” Gaan terug met die brosjure Wat vereis God van ons? of die Kennis-boek, watter een ook al meer gepas is.
4 Wanneer jy met klasmaats by die skool of met jongmense in die gebied praat, kan jy ’n antwoord op hierdie vraag vra:
◼ “Hoe belangrik is dit dat ouers en hulle kinders die kommunikasiekanale tussen hulle oophou? [Wag vir ’n antwoord.] Let op na wat hierdie handboek oor gesinslewe sê aangaande die onderwerp ‘Eerlike en openhartige kommunikasie’. [Lees die hele paragraaf 4 en die eerste sin van paragraaf 5 op bladsy 65 in die Gesinsgeluk-boek.] Die volgende paragrawe voorsien praktiese wenke oor hoe om die kommunikasie in ’n gesin te verbeter. Hierdie boek het die titel Die geheim van gesinsgeluk. As jy dit graag wil lees, kan jy hierdie eksemplaar teen ’n bydrae van R4,00 kry.” Verduidelik dat jy later sal terugkom om sy kommentare te hoor oor wat hy lees.
5 Jy kan jou aanvanklike gesprek met ’n jongmens oor ouer-kind-kommunikasie voortsit deur te sê:
◼ “Ek het die belangstelling waardeer wat jy getoon het in die belangrikheid daarvan om goeie kommunikasie in julle gesin te hê. Wat sou jy sê is die belangrikste onderwerp wat ouers en kinders moet bespreek?” Wag vir ’n antwoord. Blaai dan na bladsy 68 van die Gesinsgeluk-boek en lees die antwoord wat in die eerste helfte van paragraaf 11 gevind word. “’n Uitstekende manier om kennis van God op te doen, is deur ’n weeklikse Bybelstudie te hê.” Bied die brosjure Wat vereis God van ons? aan. Verduidelik dat die 16 lesse daarin ’n basiese uiteensetting van die Bybel se boodskap voorsien. Lees die inleiding op bladsy 2 en bespreek dan die eerste les saam. Bied die brosjure teen ’n bydrae van R1,20 aan.
6 As jy ’n ouer in die huis-tot-huis-werk ontmoet, of dalk in ’n park of ’n winkelsentrum, kan jy belangstelling wek deur te sê:
◼ “Ek is seker jy sal saamstem dat dit vandag werklik ’n uitdaging is om kinders groot te maak. Wat dink jy kan jou gesin teen onheilsame invloede beskerm? [Wag vir ’n antwoord.] Hier is goeie raad wat ek waardeer het.” Vertel die illustrasie in paragraaf 1 en lees paragraaf 2 op bladsy 90 in die Gesinsgeluk-boek. Verduidelik hoe dit gebalanseerde riglyne gee wat werklik doeltreffend is om gesinne teen verderflike invloede te beskerm. Bied die boek teen ’n bydrae van R4,00 aan en sê dat jy beskikbaar is om enige vrae wat ontstaan te beantwoord.
7 Met jou tweede besoek aan ’n ouer wat die “Gesinsgeluk”-boek geneem het, kan jy die gesprek so voortsit:
◼ “Toe ons die eerste keer ontmoet het, kon ek sien dat jy werklik vir jou kinders omgee en dat jy alles in jou vermoë wil doen om hulle teen verkeerde invloede te beskerm. Jy het dit dalk nog nie gelees nie, maar in die boek wat ek by jou gelaat het, word daar ’n baie belangrike waarneming gemaak wat jy moet sien. [Lees paragraaf 19 op bladsy 59.] As ons ’n verhouding met God wil ontwikkel, moet ons hom deur die bladsye van sy geskrewe Woord, die Bybel, leer ken. Kan ek demonstreer hoe ons die Bybel as ’n gesin bestudeer?”
8 Wêreldse raadgewers kan gesinne nie die weg na geluk wys nie, maar sal hulle beslis teleurgesteld laat voel. Laat ons die Gesinsgeluk-boek vir soveel mense moontlik aanbied, sodat mense in alle gebiede deur God se Woord gehelp kan word om ’n blywende toekoms vir hulle te verseker.—1 Tim. 6:19.