Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/97 bl. 4
  • Vertel aan ander Die geheim van gesinsgeluk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vertel aan ander Die geheim van gesinsgeluk
  • Ons Koninkryksbediening—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Help gesinne om ’n blywende toekoms vir hulle te verseker
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Bied die Gesinsgeluk-boek vir mense van alle ouderdomme aan
    Ons Koninkryksbediening—1999
  • Is daar ’n geheim om gesinsgeluk te geniet?
    Die geheim van gesinsgeluk
  • Voorgestelde velddiensaanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2002
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1997
km 9/97 bl. 4

Vertel aan ander Die geheim van gesinsgeluk

1 Die Gesin Is Die Basiese Eenheid Van Die Mensegemeenskap, En Daaruit Word Dorpe, Stede, Provinsies En Hele Nasies Saamgestel. Vandag Is Daar Meer Druk Op Die Gesinseenheid As Ooit Tevore. Sterk Kragte Bedreig Die Gesinslewe En Selfs Die Bestaan Daarvan. Hoe Dankbaar Is Ons Tog Dat Jehovah, Die Ontwerper Van Die Gesinsreëling, Ons Van Instruksies Voorsien Het Sodat Ons Gesinsgeluk Kan Verkry! Diegene Wat Sy Riglyne Volg, Vind Dat Dit Probleme Kleiner Maak En ’N Suksesvolle Gesinseenheid Tot Gevolg Het. Gedurende September Het Ons Die Voorreg Om Die Boek Die Geheim Van Gesinsgeluk Vir Ander Aan Te Bied. Neem Die Inisiatief Om Met Mense Oor Die Gesinslewe Te Praat. Wees Vriendelik, Positief En Oordeelkundig. Wat Kan Jy sê?

2 Jy kan begin deur ’n vraag te vra soos:

◼ “Het jy opgemerk dat baie gesinne dit moeilik vind om die druk van die lewe te verduur? [Wag vir ’n antwoord.] Berigte toon dat baie mense gesinsprobleme ondervind. Wat dink jy sal gesinne help om groter bestendigheid en geluk te vind? [Wag vir ’n antwoord.] Aangesien God die gesinsreëling ingestel het, sou dit dan nie redelik wees om die riglyne te ondersoek wat hy gegee het nie? [Lees 2 Timoteus 3:16, 17.] Sulke nuttige onderrigting word in hierdie boek, Die geheim van gesinsgeluk, uiteengesit.” Vra die persoon dan wat hy meen ’n algemene gesinsprobleem is, wys vir hom die hoofstuk wat daardie probleem bespreek en bied die boek teen R4,00 aan.

3 Met die herbesoek kan jy ’n Bybelstudie probeer begin deur te sê:

◼ “Ek het nagedink oor wat jy omtrent die gesinslewe gesê het en vir jou iets gebring wat ek dink jy sal geniet. [Wys die Vereis-brosjure, blaai na bladsy 16 en lees die ses vrae boaan.] Dit is duidelik dat elkeen in die gesin sy deel moet doen om tot gesinsgeluk by te dra. As jy net ’n paar minute het, sal ek graag vir jou wil demonstreer hoe jy die meeste by hierdie inligting baat kan vind.” Begin dan met ’n studie van les 8.

4 Nog ’n manier om ’n gesprek te begin, is deur ’n probleem te meld en dalk te sê:

◼ “Hoewel almal tevredenheid en voldoening wil smaak, lyk dit asof baie gesinne nie werklik hierin geslaag het nie. Wat dink jy sal hulle help om ware geluk te vind? [Wag vir ’n antwoord.] Lank gelede het die Bybel geopenbaar watter soort probleme ons vandag in gesinne sal sien. [Lees 2 Timoteus 3:1-3.] Die Bybel sê egter ook wat gesinne kan doen om hierdie probleme op te los en blywende geluk te vind. Die beginsels word in hierdie boek, Die geheim van gesinsgeluk, uiteengesit.” Wys dan die hersieningsvenster aan die einde van ’n gepaste hoofstuk, lees dit en bied die boek teen ’n bydrae van R4,00 aan.

5 Gebruik die “Vereis”-brosjure om ’n studie te begin wanneer jy teruggaan. Jy kan sê:

◼ “Dit het my beïndruk om te sien hoe gewillig jy is om die Bybelbeginsels wat op die gesinslewe van toepassing is te ondersoek. Ondervinding het getoon dat die beste resultate verkry word deur die praktiese raad in die Bybel te volg. Hier is ’n eenvoudige verduideliking van waarom dit so is.” Lees die eerste paragraaf van les 1 in die Vereis-brosjure, en sluit Psalm 1:1-3 of Jesaja 48:17, 18 in. As jy die geleentheid het, kan jy die res van die les bespreek. Bied aan om terug te gaan om die volgende les saam te studeer.

6 Maak goed gebruik van al ons publikasies: Al ons lektuur bevat inligting wat nuttig is om mense te help om die waarheid te leer. Met die oog hierop het die Genootskap die prys van ’n hele aantal ouer publikasies verlaag in ’n poging om dit in die hande van soveel mense moontlik te kry. ’n Lys van die publikasies en tale waarin hulle beskikbaar is, is aan alle gemeentes gestuur. September en Oktober bied ’n uitstekende geleentheid om hierdie publikasies in die ontoegekende gebied en in gebied wat selde gedek word aan te bied. Die Bestuursliggaam het ook spesiale toestemming verleen dat die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in die vyf plaaslike tale teen ’n verlaagde tarief van R4,00 aangebied kan word. Hoe kan jy te werk gaan om die Christelike Griekse Geskrifte saam met die gewone aanbod van die Gesinsgeluk-boek aan te bied?

7 Wanneer jy met mense gesels wat Afrikaans, Suid-Sotho, Tswana, Xhosa of Zulu lees, kan jy die Christelike Griekse Geskrifte saam met die boek teen ’n bydrae van R8,00 aanbied. Baie is nie vertroud met die uitdrukking “Griekse Geskrifte” nie, en daarom kan jy die term “Nuwe Testament” gebruik. Beklemtoon die praktiese waarde van die Nuwe Wêreld-vertaling. Jy kan die aandag vestig op een van die onderwerpe in die deel “Bybelonderwerpe vir bespreking” en dit by die Gesinsgeluk-boek inskakel. Of jy kan demonstreer hoe nuttig die indeks van Bybelwoorde is deur te wys hoe dit ’n leser in staat stel om bekende tekste op te spoor. Die Christelike Griekse Geskrifte kan ook aangebied word saam met een of meer van die sakformaatboeke wat R1,00 kos.

8 Laat ons alles in ons vermoë doen om aan ander die geheim te vertel wat tot gesinsgeluk lei—deur die riglyne te volg wat in God se Woord uiteengesit is.—Ps. 19:8-11.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel