Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/98 bl. 1
  • Ons bediening—’n blyk van ware liefde

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons bediening—’n blyk van ware liefde
  • Ons Koninkryksbediening—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Ware liefde is lonend
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Hoe om in die pionierbediening te slaag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Wat dit beteken om ons naaste lief te hê
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Word opgebou deur liefde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1998
km 4/98 bl. 1

Ons bediening—’n blyk van ware liefde

1 Deur ons bediening toon ons ons gehoorsaamheid aan die twee grootste gebooie (Matt. 22:37-39). Ons liefde vir Jehovah motiveer ons om positief oor hom te praat. Ons liefde vir ons naaste beweeg ons om hulle aan te spoor om kennis van God se wil en voornemens te probeer verkry sodat hulle, soos ons, Jehovah kan leer liefhê en in aanmerking kan kom vir die prys van die ewige lewe. Deur ons bediening eer ons dus Jehovah se naam en verkondig ons die kosbare Koninkrykshoop aan ons naaste. Ja, ons bediening is ’n blyk van ware liefde vir God en vir mense.

2 Ons liefde dring ons om met alle soorte mense te praat waar ons hulle ook al teëkom (1 Kor. 9:21-23). Ter toeligting: ’n Christen- ouer man het langs ’n Rooms-Katolieke priester in ’n vliegtuig gesit. Die ouer man het ’n gesprek met die priester aangeknoop deur ’n paar taktvolle vrae te vra en het toe oor die Koninkryk begin praat. Teen die tyd dat die priester van die vliegtuig afgeklim het, het hy twee van ons boeke geneem. Wat ’n goeie resultaat het die ouer man se blyk van ware naasteliefde tog gelewer!

3 Ware liefde beweeg ons om te preek: Diegene wat aan die hulp- en gewone pionierdiens deelneem, toon beslis ware liefde vir God en vir hulle naaste. Pioniers offer voortdurend hulle tyd en energie op om ander geestelik te help. Wat beweeg hulle om dit te doen? Een pionier het gesê: “Ek weet dat liefde ’n vrug van God se gees is. Daarsonder sou ek nie eens in die waarheid gewees het nie, laat staan nog as ’n pionier sukses behaal. Liefde maak my bewus van mense en hulle behoeftes, en ek besef dat mense op liefde reageer.” Jesus het sulke liefde vir mense getoon. Toe hy en sy moeë dissipels op ’n keer êrens heen gegaan het om ‘’n bietjie te rus’, het die skare voor hulle daar gekom. Wat het Jesus gedoen? “Ontroer deur medelye met hulle” het hy sy persoonlike behoeftes tersyde gestel sodat hy ‘hulle baie dinge kon leer’—Mark. 6:30-34.

4 Selfs wanneer mense die goeie nuus verwerp wat ons verkondig, ervaar ons ’n innerlike vreugde in die wete dat ons, omdat ons deur liefde beweeg word, ons bes gedoen het om hulle te help om redding te verkry. Wanneer ons almal uiteindelik deur Christus geoordeel word, sal ons baie bly wees dat ons ware liefde getoon het deur ‘ons bediening ten volle uit te voer’—2 Tim. 4:5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel