Beplan vooruit!
1 Jehovah se organisasie voorsien ’n gereelde program van teokratiese bedrywighede wat bedoel is om in al ons geestelike behoeftes te voorsien. Waardering beweeg ons om alle reëlings ten volle te benut, soos die reisende opsiener se besoeke, kring- en streekbyeenkomste en ander spesiale bedrywighede wat plaaslik gereël word (Matt. 5:3). Baie van hierdie geestelike voorsienings word egter nie deur sommige benut nie, omdat hulle ander verpligtinge aangegaan het. Wat kan gedoen word om dit te voorkom? Hoe kan ons seker maak dat nieteokratiese bedrywighede nie “die belangriker dinge” verdring nie?—Fil. 1:10.
2 Oordeelkundige beplanning is noodsaaklik: Spreuke 21:5 vermaan ons: “Die planne van die vlytige is net tot voordeel, maar elkeen wat oorhaastig is, kom net tot gebrek.” Om geestelik “voordeel” te trek, is dit belangrik dat ons ywerig vooruit beplan en teokratiese bedrywighede wat gereël is in gedagte hou. Ons moet ons persoonlike bedrywighede reël vir ’n tyd wat nie inbreuk sal maak op ons planne om teenwoordig te wees om geestelike seëninge te ontvang nie. As ons oorhaastig reëlings tref om dinge te doen wat óns graag wil doen, sonder om aan toekomstige teokratiese gebeure te dink, sal ons waarskynlik geestelik “gebrek” ly.
3 Moenie ’n geleentheid laat verbygaan nie! Ons almal maak planne vir die toekoms, onder meer vir vakansies, sakereise, besoeke aan familielede, ensovoorts. Gaan die rooster vir toekomstige geestelike bedrywighede na voordat jy jou verbind of jou planne finaliseer. As jy uitvind dat die kringopsiener julle kom besoek of dat ’n byeenkoms gereël is vir dieselfde tyd as wanneer jy moontlik weg gaan wees, moet jy hard probeer om julle reëlings te verander sodat julle daar kan wees. Ons word lank voor die tyd ingelig oor belangrike gebeure wat vir die toekoms gereël is. Die ouer manne in julle gemeente kan julle vertel wat plaaslik gereël is.
4 As ons vir die belangriker dinge vooruit beplan, sal ons “met regverdige vrugte [vervul word], . . . tot heerlikheid en lof van God”.—Fil. 1:11.