Skenk aandag aan hoe jy luister
Dit is noodsaaklik om noukeurig aandag te skenk wanneer jy vergaderinge asook kring- en streekbyeenkomste bywoon (Luk. 8:18). Hoe kan jy jou luistervermoë verbeter?
◼ Moenie voor vergaderinge ’n groot maaltyd eet nie.
◼ Moenie toelaat dat jou gedagtes dwaal nie.
◼ Maak kort aantekeninge van die hoofpunte.
◼ Slaan die tekste na wat gelees word.
◼ Neem deel wanneer die geleentheid hom voordoen.
◼ Dink na oor die materiaal wat aangebied word.
◼ Dink aan maniere om die inligting te gebruik.
◼ Bespreek ná die tyd dit wat jy geleer het.
Sien die Teokratiese Bedieningskool-handleiding, studie 5.